Kleredrag

Somersdrag  
Meisies
Somersrok, wit sokkies en swart voorgeskrewe skoene.
2010 Klere 035
Seuns
Wit hemde, kort-/of grys langbroeke, grys skoolsokkies, swart toerygskoene.  Indien langbroek verkies word, is ‘n skooldas verpligtend.
2010 Klere 010
   
Wintersdrag  
Meisies
Skoolromp, hemp met skooldas, swart skoolkouse (nie dun tipe nie) of seunskoolkouse, swart skoolskoene, koningsblou oortrektrui (nie te groot) en skoolbaadjies.
2010 Klere 023
Seuns
Wit langmou hemp met skooldas, koningsblou oortrektrui, skoolbaadjie, skoolsokkies, swart toerygskoene, grys kort- of langbroek.
2010 Klere 020

Netheid

Meisies

  • Hare mag nie in die oë hang nie.  Geen jel of soortgelyke middels word aan hare toegelaat nie.  Slegs wit, koningsblou, skool oranje en swart haarlinte word toegelaat.
  • Sodra hare oor die kraag hang, moet dit vasgebind word.  Hare moet die natuurlike kleur wees en mag nie permanent gegolf wees nie.
  • Geen juweliersware en grimering mag gedra word nie, behalwe klein goudkleurige of silwerkleurige oorringe (maksimum 15mm in deursnee) sonder edelstene – een in elke oor.
  • Geen naellak word gebruik nie en naels mag nie oor vingerpunte wees nie.
  • Skooldrag word tydens skoolfunksies gedra.  Sportdrag soos voorgeskryf.


Seuns

  • Hare mag nie wenkbroue en ore raak nie.  Geen alternatiewe haarstyle, bv. Mowhawk, word toegelaat nie.
  • Hare mag nie hempkraag of baadjiekraag raak nie en moet geleidelik na bo gesny word.
  • Bakkebaarde nie laer as middel van die oor nie.
  • Hare moet van natuurlike kleur wees.

 

Netheidskontrole

  • Register- en vakonderwysers, asook die VRL lede, is op ‘n daaglikse basis hiervoor verantwoordelik.
  • Formele netheidskontrole sal onafgekondig op ‘n deurlopende basis plaasvind.
  • Registeronderwysers onder leiding van die graadhoofde sal dit hanteer.

 

Algemeen

Provinsiale klere mag nie na klasse gedra word nie, maar wel na sportgeleenthede met die toestemming van die betrokke sportafrigter.



Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Desember 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 48 1 2
week 49 3 4 5 6 7 8 9
week 50 10 11 12 13 14 15 16
week 51 17 18 19 20 21 22 23
week 52 24 25 26 27 28 29 30
week 1 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter