ABSA Junior Direksie

Uppies op ABSA Junior Raad van Direkteure

Johan Minnaar, ʼn graad 11 leerder   van Hoërskool Upington , dien op Absa  se Junior Raad van Direkteure.   Hy het in 2008 uitsonderlik in die wêreldkennisolimpiade presteer en is  vir  ʼn onderhoud deur Absa, die hoofborg, genooi.
Twaalf leerders, afkomstig uit alle hoeke van Suid-Afrika, is uit meer as 35000 deelnemers verkies.  Dit is die eerste keer dat ʼn Suid-Afrikaanse bank so ʼn “projek” inwerking stel.  Die hoofdoel van die program  is om die gekose leerders op te lei t.o.v. bankwese en die sakewêreld.
Die Junior Raad spits hulle toe op spesifiek jeugbemarking  en –bewusmaking van bankvoordele  op nasionale vlak. Johan besoek die hoofkantoor elke vakansie vir ongeveer vier dae, vir vergaderings en inligtingsessies oor die bankwese. Deur die jaar moet  Johan ook verskeie projekte inlewer, vir idees om Absa tot die besmoontlike jeugbank te help groei.
Einde Augustus word ʼn nuwe jeugproduk ten toon gestel – geïnspireer deur die Junior Raad. Nog ʼn doel van die program, is om ʼn diens in die gemeenskap te lewer.
Johan het die wonderlike nuus ontvang dat sy kontrak om te dien op Absa Raad van Direkteure vir ʼn tweede termyn hernu is. Dit is vir Johan ʼn groot voorreg en probeer hy om die beste van die besonderse reis te maak.

Hoërskool Upington is regtig baie trots op hom en wens hom alle sterkte toe

 


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Julie 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 26 1
week 27 2 3 4 5 6 7 8
week 28 9 10 11 12 13 14 15
week 29 16 17 18 19 20 21 22
week 30 23 24 25 26 27 28 29
week 31 30 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter