Botsels

BOTSELKAMP 2015

Hoërskool Upington se leiers het die naweek van 23-24 Januarie, die nuwe graad 8 leerders, ook bekend as  botsels, gehelp om ware Uppies te word tydens hulle oriënteringskamp.  Aktiwiteite soos die ontleding van persoonlikheidsprofiele, self evaluering, die leer van die skoollied, ‘Old tree of Uppies’ lied en die skool se waardes, het die botsels lekker besig gehou.

 

DIE 1,2,3 KOLLEGE VIR KRIEWELRIGE BOTSELS.

Op die 31 ste Januarie 2014 het ‘n kriewelrige, maar opgewonde,  Graad 8 groep skooltoe gekom vir een doel: BOTSELKONSERT! Die botselkonsert dien jaarliks as ‘n afsluiting van die oriënteringsprogram wat die nuwelinge by die skool probeer touwys maak oor verskeie sake en natuurlik hoe om ‘n volwaardige Uppie te wees.

 

 

Uppie-botsels word blare

Die nuwejaar het begin en die Uppie-boom het sy ou blare afgeskud om plek te maak vir ‘n paar nuwes. Om hierdie nuwe blare tuis te laat voel, is ‘n Botselkamp die regte ding.

Die Botselkamp (sottekamp) het afgeskop Vrydag, 13 Januarie. Die botsels (Gr. 8’s), bestuurskomiteelede en ‘n paar onderwysers het na Uizip vertrek waar die kamp gehou was. Daar gekom…. en die pret het begin.

Nadat elkeen eers ‘n kussing vir sy kop gehad het, het die botsels in 4 spanne verdeel. Elke span het sy eie uniek naam (wat wissel van ‘Uppies Colgate Smiles’ tot ‘Uppies Flush Erasers’), kreet en vlag gehad. Deur die naweek het hierdie spanne lekker saamgewerk en daar was ‘n wonderlike “vibe” onder almal.

 

 

Vrydag, laat middag, was dit tyd vir waterkaskenades. Almal was lekker nat! Daar was verskillende aktiwiteite, party dalk lekkerder as ander, maar almal het hulle-self gate uit geniet. Daardie aand het almal effens laat in die bed gekom, maar die volgende dag was almal op en wakker.

Eerste op Saterdag se program was “Gospel Aerobics”. Almal het lekker gesing en gespring. Daarna op die program was ‘n bietjie ‘skool’. Die botsels het ‘n paar lesse oor Uppie-wees en Uppie-land gehad en hulle is nou goed ingelig oor Hoërskool Upington. Toe die son gesak het, was almal in rep en roer oor die nagmars. Dit het gestrek oor die hele Uizip kamp terrein.

Sondagoggend was dit ‘saal’ en daar het die botsels vir Mnr. Kotze die skoollied en “Old Tree Of Uppies” gesing. Alle goeie dinge kom tot ‘n einde asook die Botselskamp van 2012. Later die oggend het die busse terug na Upington verkas.

Dit was verskriklik lekker en ons is seker dat hierdie nuwe blare nou regtig deel voel van ons Uppie-boom.

 

   

 

Sotte

ONS UPPIES SE SOTTEKAMP 2011


Die Uppies Sotte van 2011 is ‘n span jongmense met baie potensiaal!Met die toekoms wat wink in Uppies, wens ons hul net sukses toe!By die Sotte-kamp het ons bestuurskomitee hul persoonlik beter leer ken. Die uitdagings wat ons aan hul gestel het was unieke ervarings en hulle sal dit definitief nie gou vergeet nie!Die Sotte-kamp uit die oogpunt van die graad 8’s Tik-tok, tik-tok, tel ons die tyd af...gaan ons die Sotte-kamp oorleef??

Ons Sotte het in die skoolsaal byeengekom en as ‘n eerste aktiwiteit moes ons begin “Trots”- bou deur die skoollied en Old Tree of Uppies, te leer.

Daarna is ons in spanne ingedeel en na die rugby-veld.............nou begin ons stres!!! Die knoffel was walglik maar ‘n goeie afskop- en afskrik-middel.

Die aktiwiteite raak toe ernstig. Ons het waterballone stukkend gesit, deur toue geklim en chips geëet om ons lewe te red!! Nat-nat mars ons na die beste aktiwiteit van almal......die perde-mis-drom!! Almal was verplig om in die drom te “swem” en dit was toe sommer ook ons bad vir die aand. Daarna het die Bestuurskomitee ons hare vir ons gewas met eiers, stroop, knoffel, meel en vaseline. Alhoewel ons nie baie aangenaam geruik het nie, het ons baie lekker vir mekaar gelag!!

Uiteindelik is ons terug saal toe om droog aan te trek en te eet! Nou begin die “skoon fun”.

Die Missio Dei Stranddienste-span se opvoering was ‘n unieke uitbeelding van ons skool se innerlike gees. Dit was ongelooflik lekker om na te kyk!

In die saal het ons ‘n kreet-kompetisie gehou, waartydens ons baie gelag het vir wat die ander spanne kon uitdink in slegs 10 minute.
Ons eindig die aand met speletjies, lekker lag en ware Uppie trots!! ONS HET OORLEEF!!   Al die vuil- en moegword, was tog baie lekker!! Dis werklik ‘n fees om ‘n trotse nuwe-Uppie te wees!!

Die Bestuurskomitee sê:

Dankie aan al die Sotte!!.....Dit was werklik aangenaam om saam met jul ......as die nuwe-Uppies..... te werk.  Vanaf dag een toon jul respek, dus sal jul ook in ons Uppie-familie respek ontvang!

Welkom alle Sotte van 2011, nou is julle deel van ONS Uppie-familie!!
Groete van die Bestuurskomitee 2011!

 


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Junie 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 22 1 2 3
week 23 4 5 6 7 8 9 10
week 24 11 12 13 14 15 16 17
week 25 18 19 20 21 22 23 24
week 26 25 26 27 28 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter