Geskep op 31 August 2015 Geskryf deur Gerhard Visser
Published Date Hits: 544
Print

Hoërskool Upington het onlangs die besondere horlosie as geskenk, van Mnr J.A. Vollgraaff ontvang.
Ons opregte dank aan hom vir die mooi gebaar en die pragtige betekenisvolle  woorde.Bestellings vir sulke horlosies kan direk by Mnr Vollgraaff geplaas word. Kleiner formaat kos R 300 en die groter formaat kos R 400. Sy kontak nommers is 084 425 8066 en 054-332 3309

Lees  gerus die brief van Mnr Vollgraaff hieronder,  soos ontvang saam met die horlosie:

‘’Hoërskool Upington se amptelike wapen dra ‘n boodskap wat die skool se karakter oor dekades heen uitbeeld en beklemtoon. Enige een wie die wapen op een of ander wyse vertoon behoort dit met die nodige waardigheid, respek en dissipline te doen. Die wapen simboliseer ook vir my seisoene en tyd.
Die horlosie, ontwerp en gebou(wat tyd aandui), soos op die foto, is ‘n begeerte wat met ander kundige hulp ontsaan het om die unieke wapen op ‘n prominente wyse te vertoon.
Die horlosie word vir gebruik aan die skool geskenk as ‘n gebaar vir ‘n besondere voorreg wat ek gehad het om vir die jare 1951 tot 1955 my skolastiese opleiding juis aan Hoërskool Upington te kon deurloop, maar nog steeds deel van die Uppies familie te kan wees.’’
Geskryf deur Mnr J.A. Vollgraaff

P1080625

Foto: Mnr J.A. Vollgraaff by die horlosie wat hy vir Uppies geskenk het



Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Oktober 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 40 1 2 3 4 5 6 7
week 41 8 9 10 11 12 13 14
week 42 15 16 17 18 19 20 21
week 43 22 23 24 25 26 27 28
week 44 29 30 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter