Ekspo vir jong Wetenskaplikes

UPPIES PRESTEER BY KALAHARI ESKOM EXPO

Uppies het pragtig presteer by die Kalahari Eskom Expo vir jong wetenskaplikes, deur een goud, drie silwer en drie brons toekennings te ontvang.  In die kategorie: Nuwe Uitvindings en Tegnologie, behaal  Erize van den Heever,  goud met haar projek: ‘’Sterk Staan’’  en wen ‘n hardeskyf as prys.  Leemè Janse van Rensburg behaal silwer met haar projek, ‘’Wonderseep’’.   Die  projek is so innoverend, sy  dring deur na die Nasionale Expo in Johannesburg in Oktober.

 

UPPIE PRESTEER UITSONDERLIK BY INTERNASIONALE EXPO

Leemé Jansen van Rensburg het van 7-10 Oktober deelgeneem aan die Eskom Internasionale Expo vir Jong Wetenskaplikes  in Sandton Johannesburg.  Sy was een van 880 leerders en 670 projekte wat gekies is uit 17 000 projekte van regoor die wereld. Leemé, graad 11 leerder van Hoërskool Upington, het omtrent die pryse en toekennings ingeryg  met haar innoverende projek ‘’Wonderseep’’.

 

AFRIKAANSE EKSPO!!!!!

Hoërskool Upington het weer hierdie jaar aan die Afrikaanse Ekspo deelgeneem met groot sukses.

Ons het 38 plaaslike inskrywings wat deur is na die provinsiale afdeling van die kompetisie. Van hierdie inskrywings is 15 deur na die nasionale beoordeling. Baie geluk aan al die leerlinge wat deelgeneem het. Ons is trots dat julle braaf genoeg was om julle handewerk in te skryf.

Sterkte met die leerders wat nog op nasionale uitslae wag.

NOTA: Alle uitslae bo 75% gaan deur vir nasionale beoordeling.

 

 

ESKOM EXPO VIR JONG WETENSKAPLKES 2012!!

Vier van  Hoërskool Upington se leerders het Donderdag, 23 Augustus, vroegoggend vertrek na Postmasburg om daar deel te neem aan die Eskom Expo vir jong wetenskaplikes.

 

 

Uppie slimkoppe!!

Drie van Hoërskool Upington leerders het Donderdag 10 Mei, vroegoggend vertrek na Kathu om daar deel te neem aan MINTEK / ANGLO AMERICAN se provinsiale MINQUIZ kompetisie.

Die eerste rondte het bestaan uit ‘n individuele geskrewe vraestel.  Op grond van die span se gesamentlike punt is daar toe vyf spanne aangewys wat aan die tweede rondte sou deelneem.  Sewe-en-twintig spanne uit die Noord-Kaap het deelgeneem.  

Ons drie leerders wat deelgeneem het was Geralene Spangenberg, Jeronomo Kock en Duane de la Fontaine .  Twee van die spanlede  is op kort kennisgewing gewerf.

 Al gaan ons span nie Nasionaal deelneem nie, het hulle hul baie goed van hul taak gekwyt, en gewys dat ‘n Uppie vir alles kans sien.

alt

                                        vlnr:  Jeronomo Kock, Geralene Spangenberg en Duane de la Fontaine

 

Page 1 of 2

<< Start < Prev 1 2 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand September 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 35 1 2
week 36 3 4 5 6 7 8 9
week 37 10 11 12 13 14 15 16
week 38 17 18 19 20 21 22 23
week 39 24 25 26 27 28 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter