Jeugleiers

UPPIE-LEIERS OPGELEI BY UV

F.J. Janse van Rensburg, Julio Jantjies en Carlin Harper , drie van Hoërskool Upington Bestuurskomiteelede, het 5-7 April ‘n leiersberaad te Universiteit van Vrystaat, Bloemfontein, bygewoon.

Tydens hierdie beraad, aangebied deur Pieter van Jaarsveld, het die drie leerders geleer wat dit is om met emosionele intelligensie te lei.  Hulle kon ook met leiers van skole regoor die land kuier, sowel as die kampus verken.

 

 

Uppies na Kovsie-Leiersberaad!


Vyf  van Hoërskool Upington se graad 11 Bestuurskomitee lede het die afgelope vakansie die Kovsie-Leiersberaad bygewoon.
Die Kovsie-Leiersberaad het van 30 Maart tot 1 April plaasgevind en is deur die Universiteit van die Vrystaat aangebied. Die beraad is deur ongeveer 250 graad 11 en 12 leerders bygewoon.  Daar was skole van regoor die land: Kaapstad, Port Elizabeth, Ficksburg en selfs Piet Retief om net ‘n paar te noem.

 

 

Die beraad het primêr gefokus op leierskap. Die leerders is elke dag deur verskillende sprekers oor dié onderwerp toegespreek.  Een van die sprekers was die beroemde Prof. Jonathan Jansen – Rektor en Visekanselier van die Universiteit. Die meer sosiale geleenthede het ‘n “Sixties-Evening”  en skemerkelkonthaal ingesluit.
Die Uppie-leerders het werklik baie geleer en sien daarna uit  om hulle nuwe kennis met die res van die skool te deel.
Hoërskool Upington is trots op die leerders en hoop om volgende jaar weer ‘n groep te stuur.

agter marika Loots sz minnaar en edwina harmse voor sue ann titus en marshall tromp

Agter:  Marika Loots, SZ Minnaar, en Edwina Harmse

Voor:  Sue-Ann Titus, Marshall Tromp

 

 

 

UPPIE NA ATKV – KONGRES!

Marianke  May, ‘n gr. 11 leerder aan Hoërskool Upington, het die afgelope vakansie die voorreg gehad om die ATKV se Algemene Jaarvergadering te Buffelspoort by te woon.

 

Gog de Jager is 'n ware leier!!


Gog de Jager is gekies is om die jaarlikse 53ste Burger Jeugleierskap Konferensie te Muizenberg in die Kaap vanaf 9 Desember 2011 tot 15 Desember 2011 by te woon.
Dit is `n baie groot onderskeiding aangesien die wedywering baie sterk was en sleg `n beperkte aantal afgevaardigdes gekies is. Daar is 25 seuns en 25 meisies gekies oor die land, waarvan Gog die enigste in die Noord-Kaap is wat gekies is.
Dit nogal `n groot prestasie en eer vir Hoërskool Upington. So `n konferensie is gewoonlik `n onvergeetlike belewenis. Interessante onderwerpe word bespreek en plekke van belang word besoek.

 

 

Gog sal die geleentheid kry om met jong geesgenote kennis te maak,vriendskappe te smee en na gesaghebbendes, elkeen `n meester op sy gebied te luister. Inderdaad `n geleentheid wat `n mens maar net eenmaal te beurt val.
Hoërskool Upington is werklik trots op Gog.  Dit is die tweede leierskapsberaad waarvoor Gog gekies is.  Hy is ook vroeër vanjaar gekies vir die Beeld Jeug beraad wat in Potchefstroom gehou is.  Hier was hy een van 30 leerlinge wat uit 140 inskrywings is om die beraad by te woon.

 

Gog is ‘n talentvolle leerder wat op akademiese en kulturele gebied presteer.  Hy is ook die Hoofleier van Hoërskool Upington vir 2012.

Van hierdie begaafde leerder gaan daar not baie in die toekoms gehoor word.

 

Uppie poets sy beeld op beels jeugberaad!

Gog de Jager, ‘n gr. 11 leerder aan Hoërskool Upington, het die besondere prestasie behaal deur vir die Beeld se Jeugberaad gekeur te word.

 

 

 

Dié Jeugberaad word aangebied by Nooitgedacht, ‘n kampterrein van die Puk-Kampus van die Noordwes Universiteit.
Gog is slegs een van dertig leerders wat uit ‘n groottotaal van 140 gekeur is om die beraad by te woon.  Sy insluiting in die Jeugberaad is beslis nie net ‘n gelukskoot nie.  Hy is ‘n besonder talentvolle leerder wat uitblink op vele gebiede.  Dit is veral sy vermoë as redenaar wat hom onderskei.  Hy is ook die voorsitter van Hoërskool Upington se Jeugtak van die ATKV en is ook gereeld onder die Top 10 vir akademie vir sy graad.
Hierdie Jeugberaad vind vanaf 30 September tot 3 Oktober plaas en volgens die program, wat o.a. roei en aktiwiteite op ‘n hindernisbaan insluit, gaan dit ‘n heerlike tyd wees.

Gog de Jager

 

Page 1 of 2

<< Start < Prev 1 2 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Junie 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 22 1 2 3
week 23 4 5 6 7 8 9 10
week 24 11 12 13 14 15 16 17
week 25 18 19 20 21 22 23 24
week 26 25 26 27 28 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter