Musiek/Koor

UPPIES CAMERATA KAN SING!

Die kultuuraktiwiteite is afgeskop met die inneem van Showboat, die musiekblyspel, in die Artscape-teater. ‘n Meestersklas in stemtegnieke is onder leiding van André Serfontein bygewoon. ‘n Handjievol egte Kalahari-meisies het ‘n paar bloukolle opgedoen by die GrandWest Casino se ysskaatsbaan.  Op ‘n koue, mistroostige Kaapstad-oggend is die  Hugo Lambrechts-Musieksentrum te Parow  ook besoek om vir oulaas te oefen en gereed te maak vir die groot optrede.
Die laaste aandjie is by Hoërskool Parow bestee waar die meisies aan die Tygerberg Internasionale Eisteddfod deelgeneem het. Die vyf beoordelaars was dit eens dat hierdie besonderse groep dogters ‘n goue toekenning losgesing het. Baie geluk aan die Uppies Camerata, julle kan verseker sing!
Baie dankie aan alle ouers, onderwysers en belanghebbendes vir julle groot bydraes tot hierdie groep leerlinge se kulturele opvoeding.

 Camerata Foto 1

Foto 1: Lekker warm koffie in Calvinia oppad Kaap toe

Camerata Foto 2

Foto 2: In die Artscape teater

Camerata Foto 3

Foto 3: By die Hugo Lambrechts Musieksentrum in Parow om vir oulaas op te warm



Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand September 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 35 1 2
week 36 3 4 5 6 7 8 9
week 37 10 11 12 13 14 15 16
week 38 17 18 19 20 21 22 23
week 39 24 25 26 27 28 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter