Musiek/Koor

UPPIES CAMERATA IS GOUD WERD!!


Die Uppie Camerata is ‘n kamerkoor wat uit 36 dogters bestaan. Die doel van hierdie koor is om ‘n liefde vir koorsang te kweek en koorsang in die algemeen te bevorder.  Daarom tree die koor by verskeie plaaslike geleenthede op.  Op 25 April het hulle opgetree by die gradeplegtigheid van die Vaal Universiteit van Tegnologie op Upington se gradeplegtigheid en op 28 April by die Paassangdiens van die Upington Moedergemeente.

 

 

UPPIE CAMERATA TOER!!

Die Uppie Camerata het vanjaar 'n kultuurtoer (1 – 4 S) na die Kaap onderneem waartydens hulle aan die Wes-Boland eisteddfod deelgeneem het.  

 

 

UPPIE CAMERATA LEER BY DIE BESTE!

Die Uppie Camerata het die voorreg gehad om ‘n meesters klas te kry van Mnr. Peet van Heerden.

 

Uppies blink uit op Eistedfod!!


Hoërskool Upington het vanjaar vir die vyfde keer gaan deelneem aan Calvinia se Eisteddfod en weereens baie goed gevaar.
Ses leerlinge het deelgeneem en in totaal 6 goue, 3 silwer en 3 brons diplomas verwerf.

 


SZ Minnaar het 2 dubbel goud verwerf wat ‘n absolute uitstaande prestasie is.  Reuben Murphy en Jesme Swartz het ook beide 2 goud gekry.
Gretha van Staden het 2 silwer diplomas verwerf terwyl Marlize Erasmus 1 silwer en een brons gekry het.
Madelein Victor het 2 brons diplomas verwerf.
Baie geluk aan hierdie leerlinge, ons is baie trots op julle.

alt

                                                  Agter:  Reuben Murphy, SZ Minnaar, Madelein Victor

                                         Voor:   Marlize Erasmus, Jesme Swartz, en Gretha van Staden

 

Uppies blink uit op vele terreine!


Hoërskool Upington blink uit op vele terreine en musiek staan nie ‘n tree terug vir enige ander aktiwiteite nie.

 

 

Carla van Wyk en Gretha van Staden het hulle onderskeie UNISA Blokfluit-eksamens met lof geslaag.  Madelein Victor  het haar UNISA Klaviereksamen met eervolle vermelding geslaag.

 

Ons is baie trots op hulle!

 

Page 3 of 4

<< Start < Prev 1 2 3 4 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Oktober 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 40 1 2 3 4 5 6 7
week 41 8 9 10 11 12 13 14
week 42 15 16 17 18 19 20 21
week 43 22 23 24 25 26 27 28
week 44 29 30 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter