Uitruilstudente

UPPIE NA DUITSLAND!!

Joané Steenkamp, ‘n graad 10 leerder van Hoërskool Upington, is gekeur om as uitruilstudent na Duitsland te gaan.

 

 

Van oranje na oranje – Uppie na nederland!!


Elizabeth McKerrow, gr. 12 leerder van Hoërskool Upington, is besig om stadig maar seker haar skoolskoene weg te pak en te verruil  vir ‘n paar klompe en ‘n fiets in Nederland.

 

 

 

Elizabeth gaan in 2012 Au Pair-werk doen in Nederland!!  Sy het as deel van die Top 20 finaliste van Hoërskool Upington se Matrieknooikompetisie, die geleentheid gekry om in te skryf vir ‘n prys geborg deur NedSas, nl. ‘n geborgde Au Pair-jaar in Nederland.
Sy is toe deur mev. Annelies Gibbs van NedSas as wenner aangewys en kon toe hierdie wonderlike prys haar eie maak.
Sy vertrek in Desember na Breukelen ‘n dorpie tussen Utrecht en Amsterdam waar sy gaan Au Pair.
Sy sien ongelooflik baie uit na die geleentheid en Hoërskool Upington is baie dankbaar dat hul só ‘n geleentheid na een van hul leerders kon bring.

 

Uppie beleef 'n wit Kersfees


Coenraad Slabbert, ‘n graad 11 leerder aan Hoërskool Upington, het vanjaar die besondere voorreg om as uitruilstudent na Duitsland te gaan.   Coenraad het aan die keuringsproses van FSA Youth Exhange deelgeneem en is uit ‘n groot groep kinders gekies om saam met ander Duitsland gedurende Desember te gaan besoek.

 

 

Die groep waarin Coenraad is, vertrek op 10 Desember 2011 na Duitsland en kom eers op 12 Januarie 2012 terug.  Die datum val reg in die Kersseisoen en die uitruilstudente gaan die geleentheid hê om ‘n Kersfees vol sneeu te beleef.

 

Twee Duitse Uppies!!!

Hoërskool Upington speel tans gasheer vir 2 Duitse uitruilstudente.  Hulle is nou vir ‘n tydlank in Suid-Afrika nadat 2 van Hoërskool Upington se leerders verlede jaar by hulle in Duitsland gebly het.

 

 

Jan Sommer kom van Uslar en gaan skool by Gymnasium Uslar.  Hy woon tans by Janus van Staden, ‘n gr. 11 leerder. 
Matthias Harzmann-Ders kom van Sigmaringen en gaan na Kollege St. Blasien. Hy is tans die gas van Ruan Hanekom.
Die twee het besonder goed aangepas en Jan veral is al heel deel van die Uppie aktiwiteite.  Hy het o.a. aan die baadjieprojek deelgeneem.  Matthias sukkel meer met die taal, maar beplan om volgende jaar weer te kom sodra sy gasheer in Matriek is.

Janus van Staden, Jan Sommer, Matthias Harzmann-Ders en Ruan Hanekom

 

Twee Uppies na Duitsland

Twee van Hoërskool Upington se leerlinge gaan Duitsland toe as deel van FSA Youth Exchange se uitruilprogram.
Lawrence Killian en Conrad Strauss het die prestasie behaal volgens tipiese Duitse vereistes, nl. Noukeurigheid, presisie en druk hantering.
Na die take, persoonlike onderhoude en toetse het hulle twee die minimum vereistes van 55% ver oortref en kon hul gereedmaak vir hul vertrek na Duitsland.
Hulle vertrek op 24 Junie na Duitsland waar hulle vir ʼn maand by ʼn Duitse gasheergesin gaan woon en aanbiedings oor Suid Afrika in die Duitse skole gaan doen.

Lawrence Killian en Conrad Strauss

 

Page 1 of 2

<< Start < Prev 1 2 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand September 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 35 1 2
week 36 3 4 5 6 7 8 9
week 37 10 11 12 13 14 15 16
week 38 17 18 19 20 21 22 23
week 39 24 25 26 27 28 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter