Drama

UPPIES DRAMA SE PAD TOT BY AARDKLOP

Hierdie jaar het Hoërskool Upington Drama drie topproduksies op die planke gebring: “Kaplyn” en “Prisma”, geskryf en geregisseur deur L.A Swart, en ook “Gril”, geskryf en geregisseur deur N. Schubach.

 

HESNA THERON FINALIS IN TONEELKOMPETISIE

Hesna Theron, graad 10 leerder van Hoërskool Upington is gekies om deel te neem aan die finale rondte van die Nasionale Toneelkompetisie. Tydens hierdie kompetisie moet leerders 'n prosastuk en gedig voordra, asook 'n onvoorbereide improvisasie uitvoer, waarna hulle dan gekies word om aan die finale deel te neem.

 

UPPIES DRAMA MAAK GESKIEDENIS!

Hierdie toneelgeselskap van 18 talentvolle individue het tydens die jaarlikse ATKV-tienertoneelkompetisie, wat die hele land vol strek, deelgeneem aan die Pretoria-streeksuitdunne. Met die deelname het Uppies drama  tienertoneel geskiedenis gemaak deur die eerste skool te word wat drie produksies in een streeksfinaal gehad het. “Kringloop”, “Genade” en “Mutatis Muthandis” was gekies om  die top 5 van die week se 27 produksies te verteenwoordig en weer die Saterdagaand op te tree.!

 

UPPIES DRAMA BRING WEER GOUD HUIS TOE!

Hoërskool Upington Drama het weer vanjaar aan die Logan Toneeelfees, die oudste tienertoneelfees in die land, te Fraserburg deelgeneem. Hier het 18 leerlinge drie uiteenlopende produksies, “Kringloop”, “Genade” en “Mutatis Muthandis” op die planke gebring. “Mutatis Muthandis” het sy amptelike debuut gemaak. Altesaam is daar 5 brons, 15 silwer en 14 goue toekennings ontvang. Dit sluit onder andere individuele spel, ensemble spel, tegnies (beligting en klankontwerp), verhoog- en stelinkleding, teks en regie in.

 

UPPIES DRAMA MAAK SKOONSKIP!

Hierdie toneelgeselskap, wat uit 18 talentvolle individue bestaan, het tydens die eerste twee weke van die Junie-vakansie skouer aan die wiel gesit en aan nie minder nie as twee produksies geoefen. “Kringloop”, ‘n skouspelagtige oorsig oor wêreldgeskiedenis, en “Genade”, ‘n nuutgeskrewe teks deur juffrou Lesley Swart wat handel oor die gevolge van teen jou beginsels optree, het albei tydens die laaste week van die vakansie deelgeneem aan die Reza de Wet Tienertoneelfees wat deel uitmaak van die Vryfees.

 

Page 1 of 5

<< Start < Prev 1 2 3 4 5 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Augustus 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 31 1 2 3 4 5
week 32 6 7 8 9 10 11 12
week 33 13 14 15 16 17 18 19
week 34 20 21 22 23 24 25 26
week 35 27 28 29 30 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter