Konsert

Botsel pret 2017

Botsel pret 2017

 

Op Vrydag, 17 Februarie, was dit weer tyd vir Uppies se jaarlikse Botselkonsert. Die geesdriftige en talentvolle gr 8's het Uppies verras met `n unieke konsert. Elke klas het `n oorspronklike gedig ontvang en dit opgevoer. Dit was waarlik `n oggend gevul met pret en plesier soos net Uppies dit kan doen! Uppies se botsels is waarlik nou deel van die Uppieboom!

IMG 4952

IMG 4877

 

UPPIES BRING ZAMAR NOORDKAAP TOE

Hoërskool Upington het onlangs die feesseisoen vir die Upingtonners ingelei met hul opspraakwekkende Kerspiekniek onder die klassieke klanke van ZAMAR.

Hierdie hoogs talentvolle groep is oorspronklik van Stellenbosch waar hul vir die afgelope paar jaar ‘n weghol sukses geword het.  Zamar se kernkunstenaar is hul violis, Veronika, en sy word aangevul met Lyudmyla (akkordeon), Brian (kitaar), Danica (perkussie) en Brian op die baskitaar.

Op hul piekniekkomberse onder die sterrehemel is Uppies se gaste vir die eerste deel van die program op ‘n magiese wêreldreis geneem;  Hongaarse Rapsodië, Oekraniese volksmelodieë, Italiaanse Klassieke werke tot terug by Tradisioneel Suid-Afrikaans.

In die tweede helfde van die program het plaaslike kore die voorreg gehad om ‘n Kersuitvoering onder leiding van ZAMAR aan te bied.  Fynproewermusiek is tot ‘n hoogtepunt gevoer toe ‘n massakoor onder leiding van Johan Engelbrecht ‘n onvergeetlike aand met “Lord of the Dance” afgesluit het.

Uppies se Kerskonsert het het 28 Oktober 2010 op die rugbyveld van Hoërskool Upington plaasgevind.  Plaaslike kore wat deelgeneem het, was Voorbereidingskool Fanie Malan, Laerskool Oranje-Noord se Junior en Senior kore, Hoërskool Upington en Siyanda Cantata.

 


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Junie 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 22 1 2 3
week 23 4 5 6 7 8 9 10
week 24 11 12 13 14 15 16 17
week 25 18 19 20 21 22 23 24
week 26 25 26 27 28 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter