Musiek/Koor

Uppie koorfees was net 'n fees!!!

Die Uppie-Koorfees het vanjaar plaasgevind  op 22 Augustus 2011 in die skoolsaal van Hoërskool Upington. 
Sewe kore het aan hierdie besondere geleentheid deelgeneem:  Voorbereidingskool Fanie Malan, Primêre skool op die Voorpos, Laerskool Oranje Noord, Junior en Senior koor, Hoërskool Duineveld, die Uppie Camerata en die gemengde koor van Hoërskool Upington.

 

 

Die aand is afgesluit met ‘n massakoor waar al 300 koorlede gelyk op ‘n verhoog was met ‘n roerende aanbieding van die tradisionele lied “Siyahamba”

Hierdie pragtige geleentheid gaan beslis ‘n jaarlikse instelling word by Hoërskool Upington.

 

Uppies sing trofee los!


Nee kyk.  Hulle kàn.
Hoërskool Upington se skoolkoor het weereens bewys dat hulle ‘n koor met hoë standaarde is.

Hulle het weer vanjaar deelgeneem aan die South African School Choral Eisteddfod, wat aangebied word deur die Departement van Onderwys.

 

 

Dié koor het ook deurgedring na die provinsiale rondte wat in Kimberley plaasvind.  Hulle sal ook optree by die NG Moedergemeente se Eeufees op 5 Junie 2011 en ook die Diamantkoorfees in Kimberley.

Baie geluk Uppies!  Ons is baie trots op julle.

 

Koor

Hoërskool Upington se koor is voorwaar 'n verdere voortsetting van 'n trotse tradisie. Beplanning vir 2011:  Deelname aan die Tirisanoi School Choral Eisteddfod gedurende Mei. Die gemengde- sowel as 'n dogterskoor sal aan die geleentheid deelneem.

Koorprestasies:

2009  Silwer diploma ATKV Applous
2008  Tirisano tot op Provisiale vlak (het plaasgevind nie a.g.v. finansies, staking)
2006 en 2008 Goue diploma Upington Musiekfees
2005  Tweede in provinsie (Tirisano)

HOËRSKOOL UPINGTON LEERLING BLINK UIT IN MUSIEK

Lieneke du Plessis, ‘n begaafde graad 12 leerling van Hoërskool Upington, was onlangs een van die leerders wat op UNISA se ererol geplaas is.  Hiervoor moes ’n leerling 90% of meer in die praktiese eksamen van die Direktoraat Musiek van Unisa behaal het.
Lieneke het onlangs haar UNISA Graad 5 Klarinet Praktiese eksamen gespeel en ook besonder goed presteer.   Drie van haar 9 matriekvakke is musiekverwant.

UPPIES PRESTEER IN MUSIEK

Hoërskool Upington se musiekleerders het die afgelope jare nog altyd baie goed presteer.  Hierdie jaar is geen uitsondering nie.  Twee van ons musiekleerders is op Unisa se Ererol vir Uitblinkers geplaas a.g.v. die feit dat hierdie van hulle meer as 90% vir hul teorie eksamen gekry het.

 

Page 4 of 4

<< Start < Prev 1 2 3 4 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand November 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 44 1 2 3 4
week 45 5 6 7 8 9 10 11
week 46 12 13 14 15 16 17 18
week 47 19 20 21 22 23 24 25
week 48 26 27 28 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter