Redenaars

Hoërskool Upington by ATKV Redenaarskompetisie

Hoërskool Upington by ATKV Redenaarskompetisie

Sewe van Hoërskool Upington se leerders het in Kimberley gaan deelneem aan die ATKV Redenaarskompetisie en spog met 4 leerders wat deurgedring het na die ATKV semi-finale ronde wat in Mei-maand in Upington plaasvind. Hesna Theron (Gr.12) het in die Senior Onvoorbereide-afdeling deurgedring, Juan Swanepoel (Gr.10) in die Senior Voorbereide-afdeling, Chrizelle Strydom (Gr.9) in die Junior Voorbereide-afdeling en Jana Nel (Gr.8) in die Junior Onvoorbereide-afdeling.

 

Baie geluk met jul prestasies, werk hard en die eindresultaat sal soet wees.

ATKV

 

Juan Swanepoel (Gr.10)

Jana Nel (Gr.8)

Hesna Theron (Gr.12)

Chrizelle Strydom (Gr.9)

 

ATKV REDENAARS: LEEMÉ JANSEN VAN RENSBURG MAAK UPPIES TROTS

Tydens die pas afgelope ATKV Nasionale Redenaarskompetisie by Klein Kariba, het Leemé Jansen van Rensburg vir Hoërskool Upington baie trots gemaak. Sy is aangewys as die naaswenner in die Gr 10-12 voorbereide afdeling.

 

UPPIE REDENAAR DEUR NA ATKV FINAAL

Leemé Jansen van Rensburg , graad 12 leerder van Hoërskool Upington, het ‘n baie groot prestasie behaal tydens die pas afgelope ATKV semi-finale redenaarskompetisie. 

 

ATKV REDENAARSKOMPETISIE: EERSTE RONDTE UITSLAE

Baie geluk aan die volgende Uppies  wat na afloop van die eerste rondte deurgedring het na die semi-finale rondte van die ATKV Redenaars kompetisie.  Dit vind plaas op 9 Mei 2015 by Hoërskool Duineveld.

 

UPPIE REDENAARS PRESTEER GOED

Vyf van Hoërskool Upington se redenaars het  op Vrydag, 09 Mei 2014, in Kakamas aan die eerste rondte van die ATKV Redenaarskompetisie deelgeneem. Alyssa Ekkerd, Christo Engelbrecht, Salomé Hanekom en Leemé Jansen van Rensburg het in die senior afdeling deelgeneem en Hesna Theron het in die junior afdeling deelgeneem. Hesna  en Alyssa is in hul onderskeie kategorieë deur na die semi-finaal wat in Kimberley gaan  plaasvind.
Baie geluk aan Alyssa Ekkerd en Hesna Theron en sterkte met die volgende kompetisie.

 

Page 1 of 3

<< Start < Prev 1 2 3 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand September 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 35 1 2
week 36 3 4 5 6 7 8 9
week 37 10 11 12 13 14 15 16
week 38 17 18 19 20 21 22 23
week 39 24 25 26 27 28 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter