Koshuise

Die koshuise bestaan reeds vir 85 jaar.  Ons is baie trots op die opgraderings wat so pas afgehandel is.  Huis Vereniging bied losies aan 80 dogters, terwyl Huis Oranje ook 80 seuns kan huisves.

Ons koshuise bied:
Veilige (elektriese omheining) en aangename huisvesting.
Opgeleide  personeel wat tussen die leerders woon en verseker dat goeie dissipline en Christelike waardes geld.
Spyskaarte vir gebalanseerde etes is deur ‘n dieetkundige opgestel.
Sport- en skoolgronde is bereikbaar binne ‘n radius van 100m.
Bekostigbare losiesgelde.
Baie ruimte en ontspanningsfasiliteite.
Parkeerruimte vir bromponies en motorfietse.
Vasgestelde en verpligte studietye.
Vasgestelde tye vir Bybelstudie.
Die koshuisgangers se sosiale lewe sluit in:   Sokkies, TV, Fliek, “af-/dorpsmiddag” op Woensdae, en die jaarlikse koshuisafsluiting.
Inwoners kan naweke inbly teen ‘n addisionele tarief.  Daar is twee verpligte uit-naweke per kwartaal.
Ons personeel poog om vir ons plattelandse leerders ‘n veilige en huislike atmosfeer te skep waarin hulle geborge sal voel.

Skool/Koshuisgeld


HUIS VERENIGING

Die meisieskoshuis se inwonende koshuisouers is Mnr Riaan Kotze en sy vrou, Lorraine. Mnr. Kotze is ook skoolhoof by Hoërskool Upington en Lorraine is self ook 'n onderwyser by Hoërskool Upington.  Die Kotze's het ‘n passie vir jongmense en geniet hul rol as “ouers van vele”.

IMG 0795

 img 2396 

 

HUIS ORANJE

Die seunskoshuis se inwonende ouers is Mnr. Jacques Swanepoel en sy vrou Mariëtta.  Hulle het twee laerskoolkinders.  Mnr. Swanepoel is ‘n onderwyser by Hoërskool Upington en rig  krieket en rugby af.   Mariëtta is ‘n onderwyseres by ‘n plaaslike laerskool.  Mnr Swanepoel  en sy vrou is baie gretig om van Huis Oranje ‘n lekker leefplek te maak.  Die atmosfeer is gemaklik binne die raamwerk van dissipline

J Swanepoel

  Huis Oranje Foto

 

 



Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand September 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 35 1 2
week 36 3 4 5 6 7 8 9
week 37 10 11 12 13 14 15 16
week 38 17 18 19 20 21 22 23
week 39 24 25 26 27 28 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter