Bestuurskommittee 2011

Bestuurskomitee

2011 Bestuurskomitee

Doelwit: Die bestuurskomitee het hierdie jaar ten doel om dmv die aanbied van lekker aktiwiteite die reeds tradisionele UPPIE GEES tot hoër hoogtes te neem en daardeur massa deelname te verseker.
Ons het alreeds die jaar afgeskop met ʼn heerlike Sokkie toernooi. Spanne van agt spelers moes inskryf met ʼn spannaam en hulle moes die aand opdaag met unieke spandrag. Daar is gespeel op die basiese beginsels van sokker. Vyf minute aan ʼn kant. Die aand het geskied onder spreiligte met wonderlike gees, snaakse spandrag en strawwe kompetisie. Gesogde pryse was onder andere ʼn R30 kaffeteria geskenkbewys!

Die volgende aktiwiteite word ook beplan:
"Freaky Friday" op 15 April, leerders gaan met snaakse klere skool toe kom.
“Skok jou Ma” sokkie op die aand van 4 Mei.
Omgeeweek Week van 16 tot 20 Mei. Dit behels onder andere:
17 Mei is Uppie plant ʼn boom dag.
18 Mei Bloedskenk
19 Mei Bring-ʼn-blik projek
20 Mei Stap-ʼn-draf
‘Toutchie’ aand. (Tweede kwartaal  - datum sal later bekend gemaak word)
Oscar-aand. (Derde kwartaal). Hierdie gala geleentheid moet beslis nie misgeloop word nie! Mulan Rouge is die tema vir die aand, daar is verskeie kategorieë waarvoor leerders pryse kan ontvang. Die kandidate word deur die leerders bepaal.

Die Uppie GEES is ten alle tye daar, jy moet dit net kom haal!

 


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Desember 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 48 1 2
week 49 3 4 5 6 7 8 9
week 50 10 11 12 13 14 15 16
week 51 17 18 19 20 21 22 23
week 52 24 25 26 27 28 29 30
week 1 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter