Matrieknooi

Matrieknooi finaliste 2012


Hoërskool Upington se Matrieknooifinaliste vir volgende 2012 is weer gekies.  Die 21 finaliste gaan nou begin met hul projekte en die volgende uitdunne geskied op 17 Februarie waartydens die 21 meisies net 10 gaan word. 
Die uitdunne vind plaas in die vorm van ‘n mini- Matrieknooi en kaartjies sal te koop wees by die skool. ‘n Deel van die groep se geldinsameling gaan behels dat hul almanakke gaan verkoop.
Die kleurvolle almanakke is vol fotos van die 21 finaliste wat geneem is by die pragtige Arabiere van Janien Strauss.
Die tema vir die finaal is UPPIE JULY en beloof om die tradisionele Durban July na ‘n vulletjie te laat lyk.  Die finaal vind plaas op 23 Maart 2012 en die nuwe opwindende sanggroep, ADAM, tree op.
Bespreek vroegtydig u plek by volgende jaar se funksie want die kompetisie gaan straf wees en die program opwindend.

 

Matrieknooi by Hoërskool Upington


Die jaarlikse gala-aand by Hoërskool Upington was weereens 'n reuse sukses. Met 'n tema soos Uppies-July, kon die aand niks anders as skouspelagtig wees nie. Die saal was pragtig in wit en swart met rooi rosette wat die prentjie afgerond het.
Die gaste het hul uitgevat volgens die tema en oral was dames in die mooiste hoede getooi.

 

 

 

Die  nuwe groep ADAM het die aand vervolmaak en die gehoor, veral die dames, op die punte van hul stoele gehad.

Die meisies moes onder andere vir hulself en hul metgeselle July uitrustings ontwerp en die gehoor was gaande oor die kreatiwiteit van die meisies. Hul dansies is weereens deur Nastassia Zealand tot perfeksie afgerig en die gehoor was meestal sprakeloos.

Die meisies het laastens in rooi rokkies van verskeie ontwerpers op die verhoog verskyn.

Teen die einde van die aand is Janine Bombosch gekroon as Matrieknooi 2012.  Haar prinsesse was Carla Swart(2de Prinses) en Annake Horn (1ste Prinses).
Chanel v/d  wath en Tanya v/d Westhuizen is gekroon as die Debutante van die aand en het elk 'n skootrekenaar gewen.  Janiné Bombosch was Mej. Bene, Ahnchké Berend Mej. Persoonlikheid en Anré le Grange was Mej. Fotogenies.

Die seuns het ook die aand pragtig gemaak en Gog de Jager is aangewys as Mnr. Sjarmant. Conrad Strauss (2de prins) en Johan Barnard(1ste
prins) het saam met hom prys gekry.

Mev.  Francolien du Plessis en Madelein May verdien groot lof vir die aand.  Saam met rolspelers soos Paula de Gois (Red Ribbon) wat die saal versier het en Bea Swart  van Pick en Pay, wat die kos gemaak het, was die aand werklik 'n groot aand op die kalender van Hoërskool Upington.

            

Adriaan Uys en Melise Hayes     Carla Swart (2de prinses)                 Carla Swart en               Carla Swart en Gog de Jager

                                                                                                    Gog de Jager

                                               Annake Horn (1ste prinses)

                                               Janine Bombosch (Matrieknooi 2012)

 

 

Agter:  Carla Swart ( 2de prinses) Mnr Riaan Kotzé Annake Horn (1ste prinses)

 

       

Elzette van der Merwe

 

     

Janine Bombosch (Matrieknooi 2012)

 

 

VLNR:  Lawrence Kilian en Chanél van der Wath

 

       

vlnr:  Lawrence Kilian en Chanél van der Wath

 

 

 

 

Felicia Swartz en Jeronamo Kock

 

Martin Gerber en Annake Horn

 

 

 

 

 

 

 

Matrieknooi!

Die 12 finaliste van Hoërskool Upington se Matrieknooifunksie is onlangs tydens ‘n pragtige geleentheid by die Waterfront Gastehuis aangewys.

Die finaal is die 22ste Maart waartydens die wenner gekies sal word.  Die tema van die funksie is die Uppie-July en al die gaste word uitgenooi om met hul uitsonderlike July-skepping en hoede die aand by te woon.

 

 

Kaartjies is vanaf Maart verkrygbaar by die kantoor of by een van die finaliste.

 

Finaliste vlnr voor:   Tanya van der Westhuizen, Anré le Grange, Felicia Swartz, Anschke Berend, Chanel van der Wath, Melize Hayers.
Finaliste vlnr agter:   Elzette van der Merwe, Riana Kotzé, Annake Horn, Carla Swart, Janine Bombosch,                 en Geralene Spangenberg.

 

Uppies vier Vrouedag!


Op 9 Augustus, Vrouedag, het Hoërskool Upington se Matrieknooiens en hul helpers gewys dat hul vroue respekteer en gereed is om hul plek as vroue in die gemeenskap op te neem.

 

 

Die Graad 7 dogters van die nabygeleë laerskole is genooi vir ‘n Spa-dag.  Die toerismesentrum is omskep in ‘n “spa” van gehalte en dié dogters se voete is vir hul behandel.
Terwyl die dogters hierdie 5-ster behandeling ontvang het is hul mammas behoorlik gepamperlang met tee en koek.
Só ‘n genotvolle dag gaan beslis ‘n instelling word op die Uppie-kalender.

 


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Oktober 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 40 1 2 3 4 5 6 7
week 41 8 9 10 11 12 13 14
week 42 15 16 17 18 19 20 21
week 43 22 23 24 25 26 27 28
week 44 29 30 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter