Ons Skoolhoof

Mnr. Riaan Kotze . . . uit die pen van die personeel

Mnr Kotze 2

“‘n Skool kan net so goed wees as wat sy hoof hom toelaat om te wees”.  Hoërskool Upington is baie bevoorreg om in mnr. W.A. Kotze (Riaan) ‘n hoof te hê wat lei deur sy voorbeeld.

Hy het grootgeword op Kanoneiland en sy hoërskooljare in 1976 aan Hoërskool Upington voltooi – waar hy ook as skrumskakel vir die Oranjemasjien (0/19A rugbyspan)  uitgedraf het.

Dit is egter nie waar sy vroeë betrokkenheid by Uppies gestop het nie.  Hy het later teruggekom en as wiskunde onderwyser by Hoërskool Upington sy gewig ingegooi.  Hy is  later tot departementshoof bevorder en op sy interessante manier die leerders nie net lief gemaak vir wiskunde nie, maar ook ‘n liefde vir rugby by baie seuns gekweek.  Sy passie vir die spel is steeds duidelik en met sy kundigheid was hy en is hy steeds ‘n doring in die vlees van sy opponente.  Hy word beskou as een van die beste rugbyafrigters wat Uppies nog gehad het en vele beny sy manier om met spelers se koppe te werk.  Hy het ook vir baie jare as afrigter en selfs keurder van die Cravenweekspanne opgetree.

In 2008 word hy as skoolhoof van sy ou Alma Mater aangestel.  Sy passie vir die skool blyk duidelik uit sy daaglikse doen en late en sy kollegas kan staatmaak op sy onvoorwaardelike lojaliteit.  Sy leuse is eenvoudig:  Lewe elke dag voluit en doen wat jy moet doen.  Bo alles glo in jou Here en volg die Bybel as riglyn.

Sy visie vir elkeen in die skool is dat ons voetspore sal laat vir ons nageslag om na te volg.  Omdat hy ‘n pad loop wat vir hom daar gestel is deur sy Hemelse Vader, is dit vir ons by Hoërskool Upington maklik om ons skoolhoof te volg.



Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand September 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 35 1 2
week 36 3 4 5 6 7 8 9
week 37 10 11 12 13 14 15 16
week 38 17 18 19 20 21 22 23
week 39 24 25 26 27 28 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter