Ander Sportsoorte

Geskep op 13 April 2018 Geskryf deur Web Admin
Published Date Hits: 2
Print

Vanaf 3 – 6 April 2018 het die provinsiale o/20 rolbaltoernooi in Bloemfontein plaasgevind. 32 Provinsialespanne het aan die toernooi deelgeneem. Die Noord-Kaapspan, waarvan Cobus Fourie ‘n lid was, het hulle seksie gewen en sodoende die kwarteindstryd gehaal. Ongelukkig moes hulle in die kwarteind die knie voor ‘n gedugte Ekhurleni span buig.
Dit beteken egter dat die Noord-Kaapspan onder die top 8 o/20 spanne in die land eindig, voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie.

rolbal2018

 
Geskep op 19 February 2018 Geskryf deur Web Admin
Published Date Hits: 32
Print

rolbal

Cobus Fourie, graad 11 leerder aan Hoërskool Upington, is vanjaar weer ingesluit in die O/20 span wat vanaf 3 – 6 April 2018 aan `n provinsiale toernooi in Bloemfontein gaan deelneem. Ouboet Wihan (oud-skolier) is in sy laaste jaar as O/20 en gaan die span aanvoer. Vorige jare het Wihan en en Cobus in verskillende spanne gespeel en daarom is Ouboet Wihan baie opgewonde om sy laaste jaar te kan afsluit met sy jonger boetie aan sy sy. Cobus was wel laasjaar die skipper van die B-span, maar verkies ook om liewer saam met sy ouboet te speel.

Rolbal in Suid-Afrika bestaan uit 20 provinsies wat tydens die toernooi teen mekaar meeding om die beste span in Suid-Afrika te bepaal.

Foto: Wihan en Cobus Fourie sittend

 
Geskep op 10 February 2017 Geskryf deur Web Admin
Published Date Hits: 182
Print

Rolbal Suid-Afrika het die provinsiale toernooie vanaf  onder 18 en onder 25 toernooie verander na  onder 15, onder 20 en onder 30 toernooie. Die toernooie vind in Bloemfontein plaas vanaf 4 tot 7 April 2017.

 

Noord-Kaap het gister hulle spanne vir die onder 20 toernooi bekend gemaak.  Daar is 2 onder 20 spanne bekend gemaak en hulle word aangevoer deur onderskeidelik Wihan Fourie (oud-skolier) en Cobus Fourie (graad 10). Wat veral vir Cobus 'n baie groot pluimpie is, is die feit dat hy as die jongste speler in sy span aangewys is as skipper van die span.

 

Baie geluk Cobus en Wihan met jul prestasies.

Cobus 

Foto: Cobus Fourie in aksie.

 
Geskep op 19 April 2017 Geskryf deur Web Admin
Published Date Hits: 151
Print

Jansje het die vakansie gaan deelneem aan die SA Championship for Performing Arts te Johannesburg. Sy het ingeskryf in die Afdeling Sang en uitstekend gevaar. Om te kwalifiseer vir die Senior Suid-Afrikaanse Span wat na California, Amerika, gaan moes die deelnemers minstens 95% behaal.

Jansje de Roubaix het onderskeidelik `n Goue medalje vir Pop en `n Silwer medalje vir Rock verdien.

Jansje is daarom ook opgeneem in die span wat na VSA toe gaan.

Jansje

 
Geskep op 31 August 2015 Geskryf deur Gerhard Visser
Published Date Hits: 622
Print

Die IFBB/BBSA (International Federation of Bodybuilders/ Bodybuilding South Africa) Noord-Kaap komitee het verlede naweek ‘n kompetisie aangebied in Kimberley. Twee leerders van Hoërskool Upington, Zinzan Sonnekus en Jacques September het beide aan die onder 18 divisie deelgeneem.

Read more...
 

Page 1 of 4

<< Start < Prev 1 2 3 4 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand April 2018 Volgende Maand
S M T W T F S
week 14 1 2 3 4 5 6 7
week 15 8 9 10 11 12 13 14
week 16 15 16 17 18 19 20 21
week 17 22 23 24 25 26 27 28
week 18 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter