Extreme

EXTREME 2015

Uppies het deelgeneem aan die jaarlikse Extreme. Dit het baie goed gegaan met ons spanne en hulle het dit baie geniet. Baie dankie aan Pick en Pay vir die borg van ons 3 spanne se hempies.

Read more...
 

UPPIES WEN DIE EXTREME SKOLE WISSELTROFEE!!!

Hoërskool Upington het besonder goed presteer by die 2014 Extreme.  Die personeelspan, bekend as die Uppies Rose, het bestaan uit Mevv. Helena Kalp, Heliëtte Lategan en Irene Sutherland. Die drie dames het baie goed gevaar en algeheel  tweede geeïndig.

Read more...
 

EXTREME TEAM 2012!!

Hoërskool Upington het op 27 Oktober deelgeneem aan die Extreme Team kompetisie te Oranje Rus.

 Hoërskool Upington het onderskeidelik 6 spanne ingeskryf, asook ‘n Onderwyserspan met Pick ‘n Pay as hoofborg vir die spanne.  

Read more...
 

Uppie-ysters oorheers Extreme Ysterspan kompetise!!!


Hoërskool Upington het die onlangse Extreme Ysterspankompetisie totaal oorheers.  Die gewilde kompetisie wat deur die Rotariërs aangebied en deur Engen geborg word, is deur 21 Uppie-spanne bygewoon.

 

 

Pick en Pay het 10 spanne geborg en ander borge het ook bygedra dat die Oranje uiters opsigtelik was.
Volgende jaar gaan Uppies nog groter en ons hoop om nog groter deelname te hê.  

 

 

 

Ysterspan

Uppies oorheers die Rotariers

Die jaarlikse Ysterspankompetisie, deur die Rotariërs van Upington, is Saterdag 16 Oktober  weer op Oranjerus gehou.

Dit was ‘n baie lekker en goed georganiseerde dag en wat dit nog lekkerder gemaak het, is toe die Uppie-spanne eerste, tweede en derde oor die wenstreep gehardloop het.
Ses Hoërskool Upington spanne het ingeskryf.  Die 1 ste span  (Pick & Pay) het gewen, met die URB (MTN) –span tweede en die Old Mutual-span derde.

Die ander 3 spanne het ook baie goed gedoen én baie uithouvermoë getoon.
JD Goosen het die helfte van die bergfietsroete met sy fiets gedraf toe hy sy ketting verloor het, maar hy het klaargemaak.  Conrad Strauss het die afstand heel op sy eie gedoen en heel eerste geëindig van die leerders wat individueel deelgeneem het.

Die Uppie-ouers en ondersteuners was ook baie sigbaar en het in hul massas deelgeneem en ondersteun.  Net so lekker was dit om die Uppie-ouers ook ‘n groot hoeveelheid daar te sien soos wat hul vrywillig gekom het om hul spanne te ondersteun.  Weereens ‘n bewys – Uppies is een groot familie.

‘n Groot dank aan die Rotariërs vir die inisiatief om so ‘n mooi dag só suksesvol te reël.

1 ste plek Pick n Pay

1 ste plek Pick & Pay

2 de plek URB  MTN span

2 de plek URB  MTN span

3 de plek OLD MUTUAL SPAN

3 de plek OLD MUTUAL SPAN

 


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand September 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 35 1 2
week 36 3 4 5 6 7 8 9
week 37 10 11 12 13 14 15 16
week 38 17 18 19 20 21 22 23
week 39 24 25 26 27 28 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter