Perdry

Ruiterkuns in Bloemfontein

Die volgende leerders van Hoërskool Upington het deelgeneem aan die SA Saalperd Kampioenskappe wat plaasgevind het in Bloemfontein vanaf 24-29 April 2017. Die leerders is Jessi Wessels, Toanita Strauss, Inge Wessels en Nichola de Waal.

Hier volg hul uitslae in die onderskeie Klasse wat gery is.

Read more...
 

Senior Protea Ruiterkuns

NICHOLA DE WAAL- Ruiterkuns prestasie

2017 Internasionale Wêreld Toetsreeks, VSA

 

IMG-20170406-WA0014 

Nichola de Waal, leerder van Hoërskool Upington, het `n briljante prestasie behaal die afgelope skoolvakansie.

 

Nichola het SA verteenwoordig as `n Senior lid van die Protea Ruiterkunsspan tydens die Wêreldkampionskappe te Perry, Georgia, VSA.

 

Die kompetisie was straf en haar individuele bydrae tot die span was uitstekend. Die span het `n silwer medalje verower in die Senior Driegang kompetisie. Nichola se resultate was besonders goed, veral as jy haar ouderdom en ervaring in ag neem.

 

Sy is `n ware ambassadeur vir ons land en skool.

 

Baie geluk en sterkte met jou voorbereiding vir die volgende kompetisies.

20170218 084118

 

Uppies in Noord-Kaap Ruiterkuns Span

Die uitslae van die pas afgelope ESSASA Nasionale  Ruiterkuns Proewe in Bloemfontein is as volg:

• Nicola De Waal, Kaptein van die Noord-Kaap Driegangspan is opgeneem in die Senior Protea Span wat later vanjaar in Kentucky in die VSA gaan deelneem. Voorwaar `n skitterende prestasie.
•Jessi Wessels wat ook lid was van die Noord-Kaap Driegangspan het deurgedring tot die finale proewe groep van 18, waaruit die Senior en Junior Protea Spanne gekies is. Die Senior en Junior spanne het 6 lede elk.
•Die Noord-Kaap Driegang Span, waarin 3 Uppies was,nl.  Nicola de Waal, Jessi Wessels en Toanita Struass het algeheel derde gekom in die Driegang kompetisie.

Uppies is baie Trots op al hierdie Leerders

perdry-span

Voor: Mary-Ann Lovemore - Hoërskool Douglas, Toanita Strauss Hoërskool Upington
Agter: Nicola De Waal Hoërskool Upington, Amelia Kemp - Hoërskool Duineveld, Annalischa Bakkes -Spanbestuurder, Johan Bakkes Afrigter, Jessi Wessels Hoërskool Upington en Martin Compion - Hoërskool Duineveld

perdry-jessi perdry-nicola
Jessi Nicola

 

RUITERKUNS: INGE WESSELS PRESTEER

Inge Wessels, graad 9 leerder van Hoërskool Upington, het in Oktober aan die Upington Streekskou deelgeneem.

Read more...
 

RUITERKUNS: UPINGTON SAALPERD STREEKSKOU UITSLAE

Marlé Hoft en Nichola de Waal, leerders van Hoërskool Upington, het onlangs aan die Upington Saalperd Streekskou deelgeneem en uitsonderlik presteer in ESASSA Ruiterkuns.

Read more...
 

Page 1 of 9

<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Junie 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 22 1 2 3
week 23 4 5 6 7 8 9 10
week 24 11 12 13 14 15 16 17
week 25 18 19 20 21 22 23 24
week 26 25 26 27 28 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter