Atletiek

Uppie atleet presteer

Angus Damarah, baie belowende atleet van Hoërskool Upington, het die afgelope seisoen hard gewerk om sy jarelange drome waar te maak.

Hy is gekies vir die SA Junior Kampioenskappe waar hy aan die 100m seuns O/17 deelgeneem het. Hier het hy die semi-finale gehaal en `n algehele 16de plek in die land behaal.

`n Week daarna het hy aan die SA Jeug en Junior Kampioenskapsbyeenkoms in Kaapstad deelgeneem waar hy weereens die semi-finale gehaal het. Hier het hy as 16-jarige seun gehardloop teen atlete wat al 18 en op universiteit is. Hier het Angus uit 45 deelnemers `n algehele 13de plek behaal. Dit is voorwaar `n pragtige prestasie en so sluit hy sy atletiekloopbaan by Uppies af op `n hoë noot.

atleet-presteer

Angus Damarah by Anaso Jobodwana – Olimpiese atleet en tans die vinnigste 200m atleet in die land.

 

 

Uppie-atlete skitter op SA`s

Die atletiekseisoen is op `n einde, maar sommige atlete oefen al klaar weer vir die volgende seisoen. Hulle is die ware atlete vir wie die einddoel die SA kampioenskappe en selfs meer is. Van hierdie atlete is ook in Uppieland. Hul het die heel seisoen onverpoosd geoefen, byeenkomste met durf aangepak en elke keer as hul presteer, het hul net nog harder gewerk vir die volgende byeenkoms. Na `n baie vol seisoen is 5 Uppie-atlete met groot drome na die SA byeenkoms in Durban gedurende die afgelope vakansie. Angus Damarah, Nicolene Loots, JJ Snyders en Harry Nel het hul provinsie na die beste van hul vermoë verteenwoordig. Henro Kotze kon ongelukkig nie gaan nie a.g.v. `n baie ernstige beenbesering. Die ander 4 het baie goed gevaar. Angus dring deur tot die semi-finale vir die 100m seuns O/17. Harry het die semi-finale vir die 100m seuns O/17 net-net gemis. Nicolene eindig 9de in die 400m Hekkies dogters O/17. Die kroon van die byeenkoms was egter die jong, opkomende JJ Snyders. Hy kry `n silwer medalje vir die 100m Hekkies seuns O/15. Net daarna moet hy die 400m finaal hardloop en eindig vierde. Wat `n pragtige prestasie. Baie dankie aan ons afrigters, Ruben Ramolefi en Jameson Nouze en ook mev. Annekie Loots vir alles wat sy vir Uppie-atletiek doen. 

JJ Snyders

JJ Snyders

 

 

Henro Kotze na SA`s

Henro Kotze na SA`s

 

ZFM-Streek

 

Henro Kotze leerder van Hoërskool Upington word verras met sy insluiting as atleet tot die Noord-Kaapspan wat aan die SA Jnr. Kampioenskappe gaan deelneem. Geluk Henro ons is trots op jou en ons weet julle 5 atlete wat gaan deelneem sal ons skool se naam Hoog hou.

 

 

HU atlete skitter tydens NK-byeenkoms

Die afelope naweek het 15 van HU se atlete aan die NK atletiekbyeenkoms deelgeneem. Die kompetisie was kwaai, maar die Uppies atlete het gewys dat hul bloed Oranje is en het fantasties gevaar.

Uitslae:                                                                                                                                                    

Jane Bekker                       1ste       Hoogspring           D 0/19

Alicé Maritz                        1ste       800m                   D 0/19

Ivan Lombaard                     3de       Gewigstoot           S 0/19

Jolan Smith                         3de       Hoogspring           S 0/19

Nicolene Loots                    1ste      400mH                  D 0/17

1ste       100mH                   D 0/17

1ste       200m                     D 0/19

Francois Swartz                   2de       Gewigstoot             S 0/15

Monique Valla                     2de        100m                     D 0/15

JJ Snyders                         1ste       400m                      S 0/15

1ste       100m                     S 0/15

1ste       110mH                   S 0/15

 

Harry Nel en Angus Damarah hardloop beide onder 11 sekondes in die 100m S 0/17 en stel so hul persoonlike beste tye op. Henro Kotze verbeter sy persoonlike beste in die 200m S 0/17.

Res v/d span:

Joanne van den Heever, Nel Hanekom, Kate Nugent en Navern Olivier het goed presteer en baie geleer tydens die byeenkoms.

 

Untitled-4

Foto: vlnr –agter

Ivan Lombaard, Henro Kotze, Harry Nel, Francois Swartz

JJ Snyders, Nicolene Loots, Angus Damarah, Jolan Smith

Nel Hanekom, Jane Bekker, Alicé Maritz

Monique Valla, Navern Olivier, Joanne van den Heever, Kate Nugent

 

Uppies hou Kleure “sport”!

Op 25 Januarie het die jaarlike kleure-atletiek by Uppies plaasgevind.
Dit was nou voorwaar pret soos net Uppies kan hê.!

Panarotti`s het vir groot opwinding gesorg en ook veroorsaak dat die bane altyd vol gewillige atlete was. Hulle het by elke item die eerste 3 atlete gelok met `n geskenkbewys van R50! Wat `n ongelooflike prys! Party atlete het tot 5 “vouchers” gekry. Met hierdie wortel voor die neus het daar heelwat atlete ontwikkel wat voorheen nie bestaan het nie.

Panarotti`s! Baie baie dankie. Uppies waardeer dit baie.

Teen die einde van `n baie geslaagde dag het die Oranje-span gewys dat ons almal se bloed maar eintlik Oranje is, want hulle het die gees- en puntebeker verower.

uppies-hou-kleure-sport-1 uppies-hou-kleure-sport-2

 

Page 1 of 7

<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand September 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 35 1 2
week 36 3 4 5 6 7 8 9
week 37 10 11 12 13 14 15 16
week 38 17 18 19 20 21 22 23
week 39 24 25 26 27 28 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter