Gholf

UPPIES GHOLF BEDANK VW EN WEB ATELJEE

Hoërskool Upington wil net baie dankie sê aan Mnr JC Gresse van Volkswagen en Mnr Louis van der Walt van Web Ateljee vir die borg van die gholfhempies  vir Klein-Interjol 2014.

Read more...
 

Uppies gholfdag – ‘n “Hole in one!”

Hoërskool Upington se personeel en ouers het ‘n heerlike dag aangebied met baie pryse en heerlike verversings op die baan.
Weereens kon die gholfspelers agterkom dat Hoërskool Upington ‘n goed georganiseerde instansie is wat vir die dorp ‘n ware aanwins is.

 

 

Die dag se formaat was ‘n “4Ball alliance” met ‘n “scramble drive”, wat gesorg het dat baie golfspelers van plekke af gespeel het waar hulle normaalweg nooit sou kom nie!  Dit het die dag nog meer interressant gemaak en almal het na die tyd ‘n staaltjie of twee gehad om te vertel.

Pryse:

1)      Inter Tekens - C. Malan, M. Coetzer, J. Nel, L. vd Walt – 105
2)       Privaat - H. Auret, W. vd Westhuizen, W. Louw, S. Nieuwoudt – 100
3)      CTM - P. Joubert, H. Bruwer, R. Archer, G. du Preez – 99


Eerskomende Saterdag is dit die maandelikse Optimum slagspel kompetisie wat altyd lekker pryse op die spel het.
Spelers kan inskryf by 054 3380239 of Marinus 072 956 1394.  Trekking word volgens voorgee gedoen.
Die jaarlikse liga tussen Upington en Kakamas word ook die naweek gespeel.

WENSPAN:  INTERTEKENS:  VLNR:  JAN NEL, JANSE VAN DER RYST, CILLIERS MALAN, LEON VAN DER WALT EN MARINUS COETZER

 

 

 

 

 

 

 

Uppie 'n ywerige gholfspeler

Gawie Carr, ʼn graad 10 leerder van Hoërskool Upington, het onlangs aan die Upington Gholfklub Kampioenskappe deelgeneem.  Die kampioenskappe het oor 2 dae plaasgevind en 36 putjies is per dag gespeel.

Gawie eindig vierde in die netto afdeling.  Gawie is ʼn baie talentvolle leerder.  Behalwe vir gholf, speel hy ook krieket en tennis vir die skool se 1ste span.  Hoërskool Upington is baie trots op hom.


Hoërskool Upington is baie trots op hom.

 


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand November 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 44 1 2 3 4
week 45 5 6 7 8 9 10 11
week 46 12 13 14 15 16 17 18
week 47 19 20 21 22 23 24 25
week 48 26 27 28 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter