Krieket

Pad na Glorie

Hoërskool Upington Krieket sluit T20 seisoen op ‘n hoogte punt af.

Die T20 seisoen het vroeg in Januari, begin met gedugte teenstanders wat die seisoen ingeskryf het. Elkeen het die oog op die prys gehad, om die liga te wen. Alle spanne het elke dag hard gewerk om te verbeter en iets nuuts by te voeg om hul doelwit te bereik.

Netso het Hoërskool Upington se spelers lang asook warm ure ingesit om nie net fisies nie, maar ook emosioneel sterker te raak.

Uppies skop die seisoen af teen Northern Lions van Kenhardt en wen die wedstryd oortuigend met 73 lopies. Tweede op die lys was Groblershoop waarmee Uppies goed afreken en met 10 paaltjies wen.
Uppies speel in die volgende rondte teen H
oërskool Duineveld wat op hul beurt Uppies aanvanklik bekommerd gehad het, maar Uppies trek die wedstryd deur in die laaste boulbeurt en wen met 5 paaltjies.

Upington Kollege, wat as een van die gedugste spanne bekend staan en altyd moelike teenstanders is, se visier was gestel om Uppies te wen. Uppies se spelers kolf eerste en teken ‘n goeie telling van 159 lopies aan, maar gaan dit genoeg wees? Uppies se veldwerk het nie gesteier nie en beperk Kollege tot 101 lopies almal uit en wen die wedstryd met 58 lopies.

Die laaste rondte speel Uppies teen Carltonians en word ingestuur om te gaan kolf. Uitstekende boulwerk van Bobby Duvenhage beperk hul tot 106 lopies. Uppies kolf tweede en 3 paaltjies val binne die eerste 3 boulbeurte en die spanningsvlak te raak vinning baie hoër. Giovanni Lategan kom met ‘n onverbeterlike beurt en teken 44 lopies aan wat tesame met bydraes van die ander kolwers Uppies laat wen met 3 paaltjies.

Alle uitspeel rondtes is verby en die 4 top spanne,nl. Hoërskool Upington, Carltonians, Kollege en Hoërskool Duineveld speel in die semi-finaal.

Hoërskool Duineveld en Kollege speel teen mekaar in hul semi-finaal en Kollege wen met 1 lopie.

Uppies en Carltonians speel in ‘n tweestryd wat op Supersport gewys kan word.Uppies kolf eerste. Die kolfblad was moelik en klam, van al die reën wat so mildelik in ons distrik geval het. Elke kolwer lewer ‘n goeie bydrae om ‘n totaal van 136 lopies aan te teken. Nakkie Duvenhage en Giovanni Lategan het aanvanklik die tellingbord goed laat aanrol. Die telling was net net oor 100 toe hul kort na mekaar uit is. Dian Kapp wat 8ste ingekom het druk die tellingbord oor die 130 met sy 19 lopie bydra. Die vraag is, is die lopies genoeg?
Carltoninas word ingestuur om te kolf. Die sesse vlieg aanvanklik oor die grens. Uppies skop vas en die veldwerk raak al hoe skerper, en dit laat die druk verhoog en Carltonians moet meer kanse waag wat lei tot ‘n paar vinnige paaltjies. Uppies wen die semi-finaalstryd met 14 lopies en vorder tot die finaal.

 

Saterdag, 4 Maart, speel Uppies teen Kollege in die finaal van die T20 liga. Uppies wen die loot en kies om eerste te kolf. Almal het geweet dat dit een van die moelikste wedstryde gaan wees, nie net omdat die teenstanders goed is nie maar omdat dit ‘n finaal is, dit is waar jou ingesteldheid meer op die veld gaan beteken as al die oefen en ondervinding tesame.

Uppies se aanvangkolwers begin die aanval trotseer. Bal na bal beteken een van twee dinge,lopies of ‘n paaltjie en altwee spanne soek die een of die ander.

Johannes du Plessis en Nakkie Duvenhage wag vir elke bal wat bietjie kort of wyd is en word beloon met goeie tellings van 35 en 39 onderskeidelik.

Ra Meintjies, Dian Kapp en Benré Engelbrecht kolf uitstekend aan die einde en voeg gesamentlik nog 49 lopies tot die totaal by.

Uppies teken ‘n totaal van 180 lopies in hul toegelate 20 boulbeurte aan wat die taak vir Kollege van die begin af moelik maak waar hul 9 lopies per boulbeurt moet aanteken.

Niks is onmoontlik nie, want as een span soveel lopies kan aanteken, kan die opvolgspan dit ook doen. Dit is die werk van die veldwerkers om te verseker dat die druk hoog bly en die lopies so moeilik as moontlik aangeteken kan word, en dit is wat Uppies doen.

‘n Vinnige paaltjie aan die begin gee Uppies se vertroue ‘n hupstoot. Benré Engelbrecht boul met passie en neem 4 paaltjies in 4 beurte en staan slegs 9 lopies af.
Die gevraagde lopie tempo klim met elke boulbeurt, wat dit al hoe moeiliker vir die kolwers maak om by te hou. Kanse moet gewaag word om by te bly wat lei tot foute.

Uppies haal Kollege uit vir 105 lopies en wen die T20 finaal met 76 lopies.

Uppies wil graag aan die Unie asook alle spanne wat aan die liga deelneem bedank vir die seisoen. Elke span wat deelneem veroorsaak net dat krieket in die streek beter en beter word. Hou so aan.
Net so ook baie dankie aan al die ondersteuners wat elke naweek hul man of kind kom ondersteun.

 

krieket-1

 

Voor: Henco Kotze, Lemley Mulder, Ra Meintjies, Nakkie Duvenhage, Ian Erasmus

Agter: Giovanni Lategan, Hurter Kirstein, Bobby Duvenhage, Benré Engelbrecht, Johannes du Plessis. Dian Kapp, Jacques Swanepoel

 

UPPIES 0/15 KRIEKET LIGA WENNERS!

07 Februarie 2017

Dinsdag, 7 Februarie, het Uppies se 0/15 krieketspan en Velties se 0/15 span meegeding om die liga finaal. Uppies het die loot gewen en Velties ingestuur om eerste te kolf. Die Uppie seuns het hul uitstekend van hul taak gekwyt met die bal, en die paaltjies het kort-kort gekantel. Uppie se boulers het werklik uitgeblink en Velties beperk tot net 47 lopies. Beste boulers was Clemens Terblanche met 4 paaltjies en Hein Neser en Brend Mulder elk met 2 paaltjies.

Daarna het die Uppie seuns die kolf gevat en die wen probeer in katrol. Uppies behaal die wenlopies in die 12de beurt, met die verlies van 5 paaltjies. Spelers wat uitgeblink het met die kolf was Ian Erasmus met 17 lopies nie uit nie, en Ferdi Richter met 11 lopies. Uppies se 0/15 krieketspan wen dan die wedstryd met 5 paaltjies en beklink ook die liga! Perfekte manier om die seisoen af te sluit!

 IMG 2896

Name van spelers op foto:

Agter links na regs: Bradley Gous, Brend Mulder, Geo Engelbrecht, Ian Erasmus, Daylen Beukes, Mnr. SD Botes, Siva Moodley, Michael Wessels, Grannon Brand, Ferdi Richter, Theuns Theunissen.

Voor links na regs: Gideon Breedt, Hein Neser, Adri Hudson, Clemens Terblanche.

 

Uppies vat Groblershoop op tuisveld aan

Groblershoop het na Upington gereis om teen Uppies se dorp span te kom speel in die Pro 20 liga.
Groblershoop kies om eerste te kolf en word almal uitgeboul vir 56 lopies. Benré Engelbrecht se vinnige bal het Groblershoop se kolwers laat twyfel in hulself en het 3 paaltjies geneem.

Uppies se aanvangskolwers, Nakkie Duvenhage en Jaco Zietsman slaan die lopies binne 6 beurte en Uppies wen met 10 Paaltjies.

uppies-vat-groblershoop-op-tuisveld-aan

Voor: Bobby Duvenhage
Middel: DaylonBeukes, Steven Smith, Lemley Mulder, BenréEngelbrecht, TheunsTheunissen
Agter: Johannes du Plessis, AW Duvenhage, Giovanni Lategan, Lee-Charm van Wyk, Franco Swart, JacoZietsman, Nakkie Duvenhage

 

Uppies Krieket reis na Kenhardt se vlaktes

Uppies het die 14 Januarie teen Kenhardt gespeel in die seisoen se eerste Pro 20 wedstryd. ‘n Warm dag het dit maar moeilik gemaak in die veld. Uppies kolf eerste en teken 164 lopies aan.

Uppies se veldwerk het Kenhardt aanvanklik laat steier maar hul het goed terug geveg in die middel orde. Uppies haal almal uit vir 94 lopies en wen die wedstryd.

uppies-krieket-na-kenhardt-se-vlaktes

 

Uppies Krieket vorder goed

Hoërskool Upington se Senior Krieketspan het Saterdag, 28 Januarie, twee Pro 20 wedstryde gespeel. Teen Hoërskool Duineveld die oggend en Upington Kollege die middag.

Die wedstryd teen Duineveld was ‘n wedstryd van TV gehalte en sou elke krieketliefhebber op sy stoel se punt gehad het. Uppies wen die loot en stuur Duineveld in om te gaan kolf. Duineveld teken hul 50 binne 5 boulbeurte aan en dinge lyk droefgeestig en Uppies sien hoe hul ‘n 200 lopietelling moet gaan probeer afslaan. Net daar besluit die span dat die wedstryd nog ver van klaar is en begin soos enige professionele span veldwerk doen. Die paaltjies begin stadig maar seker tuimel en die lopies droog op. Duineveld teken 104 in hul toegelate 20 boulbeurte aan.

Uppies gaan kolf met die idee om `n laerige lopie telling om aan te teken, maar krieket is ‘n snaakse speletjie. Nes jy dink jy is in beheer dan kom die goëlbal en verander al jou plannetjies. Duineveld neem vinnig 3 paaltjies en die naels word gekou van spanning. Uppies het na 10 boulbeurte slegs 50 lopies. Bobby Duvenhage skop vas en begin onder die boulwerk met doelgerigte kolfwerk inklim. Sy kolwers, wat nog steeds periodiek om hom val, draai die kolfkant vinnig sodat Bobby die aanslag kan trotseer. Dian Kapp vervul die rol baie goed en die hoeveelheid lopies per bal neem geleidelik af.

Met die 2de laaste boulbeurt kort Uppies 18 lopies om te wen. Bobby trek los en met ‘n goeie ses en ‘n vier raak die vraag na lopies aansienlik minder. Uppies kort 5 lopies van ses balle. Dian en Bobby se paaltjies val na mekaar. Met 2 nuwe kolwers voel die 5 lopie wen skielik na 50. Benré Engelbrecht en Henco Kotze maak oë toe en swaai vir al wat dit werd is en kontak word gemaak met die bal. Juigend hardloop hul die wenlopies met slegs 2 balle oor.

Die middag se wedstryd teen Upington Kollege was net so opwindend. Uppies kolf eerste en teken 160 lopies aan. Lemley Mulder, Bobby Duvenhage was die top kolwers maar elkeen wat ingestuur was, het elk sy aandeel gehad in die telling. 160 het aanvanklik nie genoeg geklink nie, maar Uppies se spelers het weereens met baie selfdissipline die veld opgestap met vasberadenheid om hul telling te verdedig, veldwerk gedoen.

Uppies haal die aanvangskolwers van Upington Kollege vroeg uit en sit hul onder druk. Die lopies raak baie vir die aantal balle wat oor is. Uppies wen die wedstryd gemaklik met 60 lopies.

Al 3 spanne wat Saterdag gespeel het is ‘n bewys dat Krieket in Upington nog sterk en gesond is, ‘n Kompeterende gees het geheers wat enige toeskouer weer sal laat kom kyk. Geluk Upington Krieket.

uppies-krieket-vorder-goed-1 uppies-krieket-vorder-goed-2

 

Page 1 of 12

<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand September 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 35 1 2
week 36 3 4 5 6 7 8 9
week 37 10 11 12 13 14 15 16
week 38 17 18 19 20 21 22 23
week 39 24 25 26 27 28 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter