Tuisblad Nuus

HU Matrieks doen dit weer!

Geskep op 16 January 2018 Geskryf deur Web Admin

Die jaar 2017 is by Hoërskool Upington afgesluit op 'n hoë noot met die jaarlikse Nasionale Senior Sertifikaat eksamenuitslae.

 Hoërskool Upington word aangewys as een van die Top 3 skole in die ZF Mgcawu distrik. Uit die groep behaal 6 kandidate 'n algehele A gemiddeld met Jandri v. Staden wat 'n algehele vierde plek op die Top 20 lys inneem.

Janri 

Die res van die groep het ook alles uitgehaal: 10 B- gemiddeldes, 37 C- gemiddeldes en 62,13% van dié groep het Baccalaureus toelating. 

 HU word ook aangewys as die beste Fisiese Wetenskapskool in die Noord- Kaap. 

 Die kandidate wat 'n A gemiddeld behaal het, is as volg:

Janri van Staden - 91%

Janri

Rozelle van Niekerk - 87,1%

Rozelle

Alicé Maritz - 85,7%

Alice

Hurter Kirstein - 84,4%

Jacobus

Mason Adams - 82,4%

Adams

Janno Lategan - 82%

Jan

 

 

Hokkie

Geskep op 30 November 2017 Geskryf deur Web Admin

Die volgende leerders neem vanaf 11 - 15 Desember 2017 aan die PSI Nationals Hockey deel in die Kaap. Daar gaan 'n o/18 dogters en o/18 seuns span.

Hokkie-4

 

Die Uppies dogters wat gaan is:
1 Liza Slabbert
2 Christine Richter
3 Teliza Zaayman
4 Jolene Goussard
Afrigter: Marle Hoft (oud-skolier)
Manager: Dennis Hoft (oud-skolier)

 

Hokkie-1

Seuns:
1 Cobus Fourie
2 Hendri de Beer
3 Hein Neser
4 Louis Schonborn
5 Jaco Koegelenberg
6 Joshua Coghlan
7 Brendon George
8 Wilfred Titus
9 Julian Orania
Afrigter: Wihan Fourie (oud-skolier)

Die hokkie groep waiter en verkoop worsbroodjies om fondse in te samel.
Sterkte en geniet elke oomblik!

 

ACVV Upington

Geskep op 29 November 2017 Geskryf deur Web Admin

Die finale afskeid word gehou, die graad 12 leerders trek hul skoolskoene uit en Hoërskool Upington skenk dit aan die ACVV Upington.

Dankie ook aan Panarottis vir die leerders se koopbewyse en ook OWK se heerlike sappe.

Die ACVV fokus op dienslewering in die gemeenskap, ons as skool help waar ons kan.

Dankie aan die ACVV vir al die goeie werk wat hulle in ons gemeenskap doen.

afskeid

 

Die pad na die finale

Geskep op 16 November 2017 Geskryf deur Web Admin

Oktober en November was vir Hoërskool Upington krieket van die beste tye dié jaar.

Die O/19 span, wat in die week speel, het die seisoen nog nie ‘n wedstryd verloor nie en het vele mylpale behaal, deurdat ons spelers gereeld 50 lopies in ‘n beurt slaan. Bobby Duvenhage het teen AJ Ferreira ‘n uitsonderlike 186 lopies geslaan.

Die volgende spelers het provinsiale spanne behaal wat elk in verskillende stede in die land aan hul onderskeie toernooie gaan deelnaam:

Coca Cola O/19

Nakkie Duvenhage
                Benré Engelbrecht

Griekwas O/17

Bobby Duvenhage
                Dian Kapp

Griekwas O.17 Platteland

Giovanni Lategan

Griekwas O/15

Daylon Beukes

Griekwas O/15 Platteland

Geo Engelbrecht

Griekwas Dogters O/19

Claudia Velskoen
                Daniëlle Tyers


Uppies het ook deurgedring na die Coca Cola T20 finaal wat teen Duineveld vroeg in volgende jaar gaan plaasvind.

Hierdie grondslag op skolevlak het dit moontlik gemaak dat die jong spelers uitsondelik gevaar het in die 50 boulbeurt dorpsliga. Uppies het 4 wedstryde die afgelope maand gespeel in die 2 de rondte van die toenooi. Eerstens het hul teen Carltonians te staan gekom, teen wie Uppies in die eerste rondte die knie moes buig. Vasberade om dié verloor nie te herhaal nie, het Uppies met die oorwinning weggestap.
Die tweede wedstryd was teen Duineveld se dorpspan. Duineveld het eerste gekolf en Uppies het hul uitgehaal vir 100 lopies. Uppies se openingskolwers, AW Duvenhage en Dian Kapp, het behoorlik onder die boulers ingeklim en die lopies baie vinnig afgeslaan sonder die verlies van ‘n paaltjie.

Die derde wedsrtyd was teen Upington dorp. Goeie boulwerk van Uppies het die span tot 155 lopies beperk. Benré Engelbrecht neem 4 paaltjies en staan slegs 31 lopies af in 8 beurte. Lee-Charm van Wyk boul 7 beurte, neem 1 paaltjie en staan slegs 18 lopies af.
Uppies kolf en vat twee vinnige paaltjies. Johannes du Plessis en Dian Kapp kolf bestendig en die lopies begin inrol. Johannes trek los en begin die boulaanval aanvat en slaan ses sesse en ses viere en teken 69 lopies in 32 balle aan. Dian vertolk sy rol as ondersteunende kolwer uitstekend en moker 62 lopies.Uppies wen die wedstryd met 8 paaltjies.

Die laaste wedstryd was teen die Dragons wat onder die vaandel van Kollege deelneem. Uppies wen die loot en stuur die Dragons in om te gaan kolf. Weereens huiwer die boulers nie om alles te gee nie. Benré Engelbrecht neem 4 paaltjies in 10 boulbeurte en staan 52 lopies af. Henco Kotze neem 3 paaltjies en staan slegs 33 lopies af. Die boulwerk stuit die Dragons in hul spore en hul kon net 134 lopies aanteken.
Uppies gaan in om te kolf en met ‘n blad wat glad is, gly die kolwers toe hul omdraai vir ‘n lopie en ‘n uithardloop is op die kaarte. Nogtans sit die nie die kolwers af nie. Giovanni Lategan slaan die bal goed raak en kies watter een hy wil wegsit. Hy teken 41 lopies aan. Johannes du Plessis kolf net so goed en wiks in ‘n kort tydjie 29 lopies. Nadat twee paaltjie baie vinnig na mekaar geval het stap ‘n jong Daylon Beukes wat graad 8 is na die kolfblad en is vasberade om die wedstryd vir sy skool te wen. Houe wat slegs in boeke aanskou kan word, word deur hom nageboots. Sy stukkie uitstekende kolfwerk gee hom 25 lopies asook die wenlopies. Uppies wen die wedstryd met ses paaltjies.

Die wenne tydens die tweede rondte plaas Uppies eerste op die ranglys en ons speel volgende jaar in die finaal teen Carltonians CC.

Dankie aan al die ondersteuners wat ons so getrou ondersteun elke Saterdag. Krieket is ‘n sport wat gekyk moet word en daar word Krieket gespeel so kom maar kyk.

 finale-1

Voor: Daylon Beukes, Brend Mulder, Ferdie Richter, Lemley Mulder

Agter: Jacques Swanepoe (Organiseerder), Benré Engelbrecht, Henco Kotze, Lee-Charm van Wyk, Giovanni Lategan, AW Duvenhage, Dian Kapp, Johannes du Plessis, Bobby Duvenhage

finale-2 

Dian Kapp behaal sy 50 lopies

finale-3

Johannes du Plessis stuur ‘n bal vir ‘n 4

finale-4

Johannes du Plessis kry sy 50

 

Uppie ruiters se seisoen begin

Geskep op 10 November 2017 Geskryf deur Web Admin

Drie Uppies het deelgeneem aan die Upington Saalperd Streekskou wat plaas gevind het op 13 en 14 Oktober 2017 in Upington. Hulle is Toanita Strauss, Jessi Wessels en Inge Wessels.

 Die uitslae was as volg:

  1. 1.Toanita Strauss

3 Gang Plesierperd Ruiters 18 jaar en onder - eerste plek

Groot Kampioen 3 Gang Plesierperd - eerste plek

 2.Jessi Wessels

5 Gang Plesierperd Ruiters 18 jaar en Onder - eerste plek

Driegang Kinder Ryperd 14 Jaar en onder - tweede plek

Groot Kampioen 5 Gang Plesierperd - eerste plek

Groot Kampioen 3 Gang Kinderryperd - 3de plek

 

3.Inge Wessels

5 Gang Natuurlike maanhaar en stert - eerste plek

Groot Kampioen 5 Gang Kinderryperd - eerste plek

 Jessi en Toa het ook deelgeneem aan die Ruiterkuns Toetsklasse waarvan die uitslae nog nie beskikbaar is nie. Ons hou duimvas dat beide van hulle in die Noord Kaap Ruiterkuns span opgeneem sal word wat aan die Nasionale Proewe gaan deelneem in Parys vanaf 24/01/2018-27/01/2018

 

Uppies kan voorwaar TROTS wees op hierdie driemanskap wat baie moet opoffer om hulle sport te kan beoefen.

 

Saalperd

Jessie Wessels, Mary-Ann Lovemore (Douglas), Inge Wessels en Toanita Strauss

 

Page 1 of 24

<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Januarie 2018 Volgende Maand
S M T W T F S
week 1 1 2 3 4 5 6
week 2 7 8 9 10 11 12 13
week 3 14 15 16 17 18 19 20
week 4 21 22 23 24 25 26 27
week 5 28 29 30 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter