Tuisblad Nuus

UppiesKrieket – Persoonlike rekords spaander

Geskep op 24 October 2017 Geskryf deur Web Admin

Uppies het die week van die 16 Oktober 4 wedstryde gehad in verskillende ligas.

Die onder 15 span speel Dinsdag teen Kenhardt se onder 15’s. Uppies teken 225 lopies aan en dieuitblinkers met die kolf was Brend Mulder met 69 en Ferdie Richter met 61.
Kenhardt word almal uitgeboul vir 69 en Uppies wen die wedstryd met 160 lopies.

Die onder 19 span speel die Woensdag teen Kenhardt in die Coca Cola T 20-toernooi se streek semifinaal. Uppies kolf eerste. Uppies teken 229 lopies in die toegelate 20 boulbeurte aan.
Lemley Mulder slaan ‘n uitstekende 85 lopies van slegs 39 balle. Saam met hom kolf Daylon Beukes wat opgetrek is vanaf die onder 15 span. Hy klim behoorlik onder die boulwerk in en slaan sy eerste 100. Hy is nie uit nie vir 104 van slegs 56 balle.
Kenhardt word ingestuur om te kolf en baklei hard om by die totaal uit te kom. Hul word in die 17de boulbeurt vir 79 lopies uitgeboul.
Uppies wen die wedstryd met 150 lopies.

Donderdag speel die onder 19 span teen AJ Ferreira in die skoleliga. Bobby Duvenhage en Dian Kapp open die kolfwerk. Elke bal word met gesag geslaan en hul teken saam 153 lopies van 77 balle aan.
Bobby byt nog vas en saam met die res van die kolwers teken Uppies ‘n uitmuntende 341 lopies aan in hul toegelate 25 boulbeurte. Bobby se totaal kom tot 189 lopies. Hy gebruik slegs 74 balle om dit aan te teken; 12 viere en 19 sesse vorm deel van die telling.
AJ gaan kolf, die eerste paaltjies kantel vining maar Jiovan Assegaai slaan ‘n baie goeie 33 lopies teen ‘n sterk boulaanval. Uppies wen die wedstryd met 244 lopies.

Uppies is ook deel van die dorpsliga en kom Saterdag te staan teen Carltonians. In die eerste rondte het Uppies verloor en geweet om hul nie ligtelik op te neem nie.
Uppies verloor die loot en word ingestuur om te gaan kolf. Carltoninas het ‘n sterk boullys en die aanval is verbete. Giovanne Lategan en Bobby Duvenhage teken elk hul 50 lopies aan en saam met Johannes du Plessis se 35 en ander kolwers se bydrae, teken Uppies 218 lopies in hul toegelate 40 boulbeurte aan.
Carltonians word ingestuur om te gaan kolf. Die boulaanval was net te sterk en almal word uitgeboul vir 78 in die 24ste boulbeurt.
In Lee-Charm van Wyk se 5 boulbeurte wat hy geboul het, staan hy slegs 12 lopies af en neem 2 paaltjies. Benré Engelbrecht het 5.3 boulbeurte afgestuur en slegs 16 lopies afgestaan en 3 paaltjies geneem.
Uppies wen die wedstryd met 140 lopies.
Uppies-Krieket-
Voor: Steven Smith, Brend Mulder, Lee-Charm van Wyk, Bobby Duvenhage, Lemley Mulder

Agter: Jacques Swanepoel (Organiseerder), Giovanni Lategan, William Briekwa, Benré Engelbrecht, Dian Kapp, Daylon Beukes, Johannes du Plessis (Afrigter en kaptein)

 

Uppie “WOW” beoordelaars by Spelfees!

Geskep op 24 October 2017 Geskryf deur Web Admin

Tiche-Nel

Tiche Nel, gr.8 leerder van Hoërskool Upington, het dié afgelope naweek die Noord-Kaap provinsie gaan verteenwoordig by die Nasionale Spelfees in Stellenbosch.

Sy het haar baie goed van haar taak gekwyt en algeheel 9de uit 29 deelnemers geeïndig. Voorwaar `n pragtige prestasie.

Sy het die Noord-Kaap se naam hooggehou en volgende jaar wil Uppies sommer `n deelnemer in elke kategorie hê

 

Prysuitdeling 2017

Geskep op 20 October 2017 Geskryf deur Web Admin

Hoërskool Upington se prysuitdeling elke jaar `n reuse sukses. Leerders is beloon vir hul harde werk en die skool is reg trots op elke kind se prestsies.

 

1

Bestuurskomitee: Hoofleiers

Zoë Strauss (Onderhoofmeisie); Teliza Zaayman (Hoofmeisie); Dian Kapp (Hoofseun); Johan Teessen (Onderhoofseun)  

 

2

Bestuurskomitee

Elné du Toit, Lemley Mulder, Andisiwe Cetyiwe, Bobby Duvenhage, Henro Kotzé, Harry Nell, Duane Snyders, Hendri de Beer en Grant Crow

Cyrikus Cloete, Shadey Britz, Gerhard Janse van Rensburg, Tal Arnon, Inge Wessels, Lara-Mari Geldenhuys en Gillian du Plessis

Leandré Hanekom, Jolene Goussard, Herman Harper, Chané Avenant, Steven Smith, Zani du Plessis en Chrisna Goussard

Johan Teessen, Dian Kapp, Teliza Zaayman en Zoë Strauss

 

3

Huis Vereniging leiers

Chané Avenant, Christine Richter, Almeri Bruwer,

Jo-Nel Neser (Hoofdogter), Dirette Oberholster (Onderhoof dogter)

4

Huis Oranje leiers

Steven Smith, Harry Nell (Hoofseun), Henro Kotzé (Onderhoof seun), Kemp Kotzé

5

Top 3 – Graad 8 – Jana Nel, Gideon Breedt, Geo Engelbrecht

6

 Top 3 – Graad 10 – Lara-Mari Geldenhuys, Elizabeth Slabbert, Hendrik de Beer

8

Top 3 – Graad 11 – Jana Breedt, Petro Siemens, Teliza Zaayman

9

Top 3 – Graad 12 – Janri van Staden, Rozelle van Niekerk, Alicé Maritz

10

Robertson Beker vir Wiskunde Graad 12 – Rozelle van Niekerk

11

Piet Cilliersbeker vir Wiskunde en Wetenskap Graad 11 – Jana Breedt

12

Aalwyn le Roux Wisseltrofee vir Beste Saalperd Ruiter – Nichola de Waal

13

 

Red en Judy Redelinghuysbeker vir beste seun swemmer – Francois du Plessis

14

 Red en Judy Redelinghuysbeker vir beste dogter swemmer - Alicé Maritz

15

Junior Victor en Victrix Ludorum – Joane van der Heever en Nel Hanekom

16

Senior Victor en Victrix Ludorum – Henro Kotze en Nicolene Loots

17

Beste seuns- en dogtersatleet vir 2017 – JJ Snyders en Nicolene Loots

18

Beste Skaakspeler 2017 – Mason Adams

19

Beste Vordering Juniors: Hokkie – Hendrik de Beer

20

Beste Vordering Seniors: Hokkie – Brendon George

21

Beste Senior Speler: Hokkie – Wilfred Titus

22

Wesselsbeker vir die Speler van die Jaar: Hokkie – Morné Dlephu

23

Beste Vordering Junior: Hokkie – Lize van Niekerk

24

Beste Junior Speelster: Hokkie – Gabbi Nell

25

Beste Vordering Seniors: Hokkie – Erna Theunissen

26

Beste Senior Speelster: Hokkie – Jané Becker

27

Speler van die Jaar: Hokkie – Christine Richter

28

Jessie Swart Trofee vir volgehoue bydrae tot hokkie – Jana Victor

29

Beste Junior Speelster O/14 Netbal – Anri Kotzé

30

Beste Junior Vordering O/14 Netbal – Liane Kapp

31

Tokkie Oosthuizen trofee vir beste speelster O/16 en Mees belowendste speelster:

Netbal – Di-Marie Visser

32

Beste Junior Vordering O/16 Netbal – Nina Slabbert

33

Beste Senior Vordering O/19 Netbal – Dirette Oberholster

34

Mees lojale speelster: Netbal – Chané Luttig

35

Upington Dorp Wisseltrofee vir beste O/19 speelster: Netbal – Liza-Mari Groenewald en Navern Olivier

36

Jack Horn Beker vir die Beste vordering as agterspeler: Rugby – Devan Walters

37

Hannes Engelbrecht beker vir Beste agterspeler: Rugby – Iwan Lombard

38

Nico Steenkamp beker vir beste vordering as voorspeler – Phillip Marais

39

Steenkampbeker vir beste voorsper: Rugby – Nakkie Duvenhage

40

 Kilian-Loots beker vir mees lojale speler: Rugby – Janno Lategan

41

Beste Veergeweerskut Trofee: Skiet – Riaan Loots

42

Beste Sportergeweerskut Trofee: Skiet – Francois du Plessis en Elné du Toit

43

Beste Tennisspeler: Seun – Johann Joubert

44

Beste Tennisspeelster: Dogter – Elanie Brand

45

Allied beker vir die mees belowende junior speler: Krieket – Daylon Beukes

46

Permbeker vir die beste speler: Krieket – Nakkie Duvenhage

47

Uppies drama beker vir uitnemendheid in tegniese versorging – Kaelene Hendricks

48

Nasou-trofee vir bydrae tot Drama – Juan Swanepoel

49

Auto Luxus beker vir volgehoue bydrae tot drama – Hesna Theron

50

Beste junior redenaar – Chrizelle Strydom

51

Beste senior redenaar – Hesna Theron

52

 1.Internasionale Sportster – Francois du Plessis en Elné du Toit: Lid van die SA-Span wat in die VSA deelgeneem het, Nichola de Waal: Lid van Senior Protea Span wat in die VSA deelgeneem het en Juan Steenkamp: Lid van die SA-Span wat in die VSA deelgeneem het.

53

Senior Sportman – Benré Engelbrecht

54

Senior Sportvrou – Alicé Maritz

55

Junior Sportman – Geo Engelbrecht

56

Junior Sportvrou – Jessi Wessels

57a

De Humanitate – Alicé Maritz en Janno Lategan (De Humanitate)

IMG 0614

 

 IMG 0615

IMG 0618

 IMG 0620

IMG 0621

 

IMG 0622

 

IMG 0627

 

IMG 0669

 

IMG 0684

 

IMG 0707

 

Uppieskuts se uitnemende SA-skietkompetisie:

Geskep op 19 October 2017 Geskryf deur Web Admin

Tydens die Oktober-vakansie het Hoërskool Upington se skuts, as deel van die Noord Kaap-skietspan, hulleself onderskei tydens die SA-skietkompetisie. 

 

As o/21 Veergeweerskut kry Rian Loots brons vir sy drie-posisie, silwer vir staan en algeheel goud.  Hy ontvang dan ook vir die eerste keer sy SANSSU groen kleure. Die o/21 Veergeweerspan ontvang ook as span 'n bronsmedalje. 

 

Die o/16 Veergeweerspan, waarvan Tersia van Sittert deel is, ontvang 'n brons medalje. Francois du Plessis ontvang brons vir sy drie-posisie, brons vir die staanposisie en algeheel brons. Hy en Elné du Toit ontvang weer hul SANSSU groen kleure. Die o/16 Sportergeweerspan, waarvan JP Smith en Juan Steenkamp deel is, ontvang ook as span 'n bronsmedalje. 

 

 Juan Steenkamp en Francois du Plessis het hierdie jaar besondere rekords behaal.  Juan Steenkamp skiet tydens die laaste skietkompetisie 558 uit 600 vir o/16 Sportergeweer in die drie-posisie.  Francois du Plessis het vroeër 351 uit 400 vir die o/16 Sportergeweer in die staan-posisie geskiet.  Hierdie is voorwaar besonders. Daar is in baie jare nog nie sulke hoeveelhede deur sulke jong skuts geskiet nie.

 

Uppieskuts

  Uppieskuts agter v. l.n.r:  Rian Loots, Francois du Plessis, Jano Theron,  Juan Steenkamp, Elné du Toit.

            Voor:   JP Smith en Tersia van Sittert.

 

 

Uppies 0/15 krieket vs. Kenhardt 0/15

Geskep op 18 October 2017 Geskryf deur Web Admin

17 Oktober 2017

Uppies se 0/15 krieketspan het Dinsdag, 17 Oktober, ‘n 25 beurt wedstryd gespeel teen Kenhardt op Uppies se velde. Uppies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Uppies se kolwers het hul uitstekend van hul taak gekwyt en ‘n reuse telling van 229 lopies in hul toegelate 25 beurte gemoker. Uitstaande kolwers vir die dag was Brend Mulder met 69 lopies en Ferdie Richter met 61 lopies.

Daarna het Uppies vir Kenhardt ingestuur om te kolf. Al die Uppie boulers het hul kant gebring met die bal sowel as veldwerk. Uppies beperk vir Kenhardt tot slegs 65 lopies vir die verlies van 10 paaltjies. Beste boulers vir die dag was Theuns Theunissen met 3 paaltjies en Miguel Meintjies en Geo Engelbrecht elk met 2 paaltjies.

 Uppies wen dus die wedstryd met 164 lopies. Baie geluk seuns.

Uppies-0-15-krieket-vs.-Kenhardt-0-15

Agter van links na regs: Daylon Beukes, Awie van der Westhuizen, Geo Engelbrecht, Brend Mulder, Ferdie Richter, Grannon Brand, 

Voor van links na regs: Jaydon Fortuin, Theuns Theunissen, Gideon Breedt, John-Mark Solomon.

Afwesig: Miguel Meintjies, GT Geldenhuys.

 

 

Page 3 of 23

<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Januarie 2018 Volgende Maand
S M T W T F S
week 1 1 2 3 4 5 6
week 2 7 8 9 10 11 12 13
week 3 14 15 16 17 18 19 20
week 4 21 22 23 24 25 26 27
week 5 28 29 30 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter