Tuisblad Nuus

Netbal

Geskep op 16 October 2017 Geskryf deur Web Admin

Die 0/17A "Fast 5" netbalspan het die afgelope vakansie, vanaf 2-3 Oktober , aan die SA-skole Kampioenskappe in Vanderbijlpark deelgeneem.

 Die span het bewys Uppies-netbal kan ook in ander vorme van netbal presteer. Hulle het kragte gemeet teen magtige spanne soos Sentraal, HTS Middelburg en Monument om net `n paar te noem en eindig as die 12de beste span in Suid-Afrika.

 `n Baie groot hoogtepunt was toe die span ook bekende gesigte soos Zandré Erasmus (PUK verdediger) en Renske Stols (Protea speler) op die toernooi raak geloop het. Baie dankie ook aan hierdie 2 spelers wat met geen moeite saam met die kinders `n foto geneem het nie. 

Baie geluk aan die span met hulle prestasie.

Die-0-17A- 

 Foto  van links: Gillian du Plessis, Melonice Kordom, Cleo Minnaar, Anri Kotzé, Lorraine Groenewald, Liché Prinsloo, Nicolene Loots, Dirette Oberholster.

 

FBI by Uppies?!

Geskep op 13 October 2017 Geskryf deur Web Admin

Woensdag, 6 September, was die FBI by Uppies. Nee, ons het nie moeilikheid gehad nie; inteendeel...

FBI staan vir Food and Beverage Institute - `n tersiêre instansie van Bloemfontein. Hulle het `n nuwe dimensie kom gee aan Turkish Delight en Chocolate Truffels.

Hul insiggewende praatjie oor die instituut het die leerders beïndruk – amper soveel soos die soetgoed. Hulle het ook hul kursusse bekend gestel en die leerders probeer inspireer om `n naskoolse rigting in KOS te probeer.

Dit was `n voorreg om kundiges aan die werk te sien en almal het iets daaruit geleer.

FBI

 

FBI-2

FBI-3

 

Jo Black skitter by Uppies!

Geskep op 13 October 2017 Geskryf deur Web Admin

Sommige geleenthede by `n skool word aangebied en vergeet; andere word aangebied en jare daarna sal mense nog daaroor praat aangesien die grootsheid daarvan só ongelooflik is.

Só `n aand was Woensdag, 11 Oktober, by Hoërskool Upington. Jo Black, `n nuwe opkomende sanger, het aan die A-rugbyveld van Uppies `n nuwe dimensie verleen toe hy daar opgetree het saam met kore van die dorp.

 Die kore van Voorbereidingskool Fanie Malan, Primêre Skool op die Voorpos, Laerskool Oranje-Noord, Hoërskool Upington en die Siyanda Cantando-koor het ook opgetree. Nadat elke koor individueel gesing het, het hul saam met Jo Black sy treffer, Skepe, gesing.

Die hoogtepunt van die aand was egter Jo Black. Terwyl die sowat 500 gaste gesellig onder die sterreprag kuier en piekniekmandjies uitpak, het Jo `n program aangebied wat ieder en elk vir `n tydjie van sy aardse probleme laat vergeet het.

Met sy inspirerende getuienis het Jo die gehoor besiel. Ja, daar is in elkeen van ons iets goeds en sleg, maar voed die goeie en geniet ons Skepper se guns.

Dié sanger gaan nog groot hoogtes bereik en dié aand onder die Upington se sterreprag was beslis een van dié geleenthede wat nog lank in ons gedagtes sal voortleef.

Jo-Black-

Jo-Black-2

 

Freaky Shakes by die Naba-fees

Geskep op 13 October 2017 Geskryf deur Web Admin

Hoërskool Upington se gr.11 Verbruikerstudieklas, o.l.v. me. Jeanie Schutte, het tydens die afgelope Naba Voedsel- en Wynfees gewys dat hulle lankal nie net meer koekies bak in die “Kosklas” nie.

Hulle het `n pragtige stalletjie gehad en die heel dag die gaste bedien met Freak Shakes. Ja, `n “milkshake” sal nooit weer dieselfde wees nie.

Romerige aarbeiskommels; vol gepak met aarbeie, marsmallows, koekies, kolwyntjies en room...!! Klink dit soos die “shake” van jare terug?

Dit was `n baie oulike gedagte en die wins word gebruik om die Verbruikersklas `n “facelift” te gee.

Uppies dink vooruit!! Dankie aan die Kiwi`s vir die oorspronklike idee!

Nabafees

Nabafees1

Nabafees-2

 

Uppies Krieket vaar sovêr goed in die 50 boulbeurt liga.

Geskep op 11 October 2017 Geskryf deur Web Admin

Hoërskool Upington het 4 wedstryde gedurende die 3de kwartaal afgehandel en het daarvan 3 gewen.

Die eerste wedstryd wat gespeel is, was teen Upington Dorp waar albei spanne nog hul voete moes vind; Uppies wen die wedstryd gemaklik.

Die tweede wedstryd was teen Hoërskool Duineveld. Duineveld word in die 30ste boulbeurt uitgeboul vir 140 lopies. Uppies se openingskolwers lê behoorlik in en slaan die lopies af in die 23ste boulbeurt. Dian Kapp is die man van die wedstryd met ‘n onoorwonne 52 lopies.

Na dié goeie wen kom Uppies te staan teen Carltonians. Uppies kolf eerste en sukkel om van die staanspoor af. Uppies word in die 17de boulbeurt uitgeboul met slegs 110 lopies op die telbord. Carltonians se openingskolwers was op punt en Luciano Anthony slaan ‘n goeie 60 lopies terwyl ander paaltjies om hom kantel. Carltoninas gebruik 18 boulbeurte om die wenlopies te slaan.

Die laaste wedstryd was teen die Dragons van Kollege. Uppies kolf eerste en die twee aanvangskolwers lyk baie goed en 50 lopies kom vining. Die aanvangkolwers, Bobby Duvenhage en Dian Kapp, se paaltjies val kort na mekaar en met nuwe kolwers op die blad val die lopie tempo en die Dragons kry momentum met hul veldwerk. Nakkie Duvenhage gaan kolf om die tempo op te tel, maar word na ‘n goeie 29 gevang. Nog paaltjies val en die stert van die span begin kolf. Hurter Kirstein wat 8ste op die kolflys is gaan kolf en steek behoorlik soos ‘n donkie vas en begin om lopies aan te teken. Hy ontvang 55 balle en teken 38 lopies aan wat Uppies se totaal op 168 bring.

Die Dragons gaan kolf en 169 lopies klink altyd na nie te veel om aan te teken in 50 boulbeurte nie. Krieket is egter ‘n snaakse spel en niks loop volgens plan nie. Rudolph Julies en Edwin Isaacs teken 21 en 37 onderskeidelik aan en dit lyk of die totaal binne bereik is.
Die taktiek van Uppies verander en die draaibalboulers word gevra om die boulwerk oor te neem. Wat ‘n vertoning! Nakkie Duvenhage neem 4 paaltjies en staan slegs 32 lopies af in 10 boulbeurte. Dian Kapp neem ook 4 paaltjies in 6 boulbeurte en staan slegs 24 lopies af. Een van Uppies se vinnnige boulers, Willam Briekwa, boul 7 boulbeurte neem 1 paaltjie en staan slegs 10 lopies af. Hierdie uitstekende boulwerk laat kantel al die kolwers van die Dragons in die 34ste boulbeurt en Uppies wen met 43 lopies. Wat ‘n skouspel.

Die seisoen is nog aan die begin stadium vir alle spanne en elk moet nog 4 uitspeel wedstryde speel. Dit is enige een se beker omgewen te raak. Sterkte aan almal.

Uppies-Krieket-

Voor: Giovanni Lategan, Bobby Duvenhage, Lemley Mulder, AW Duvenhage, DaylonBeukes

Agter: Brend Mulder, Dian Kapp, HencoKotze, Lee-Charm van Wyk, NakkieDuvenhage, Johannes du Plessis, William Briekwa

 

Page 4 of 23

<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Januarie 2018 Volgende Maand
S M T W T F S
week 1 1 2 3 4 5 6
week 2 7 8 9 10 11 12 13
week 3 14 15 16 17 18 19 20
week 4 21 22 23 24 25 26 27
week 5 28 29 30 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter