Tuisblad Nuus

o/15 NETBAL : NOORD-KAAP PROVINSIALE - KEY MOTSEPE UITSPELE

Geskep op 28 August 2017 Geskryf deur Web Admin

Tydens die afgelope naweek van 26 Augustus het Uppies se o/15 A netbalspan aan die provinsiale uitspele te Kuruman deelgeneem.

Die span moes met vier ander spanne meeding op die dag. ‘n Hele jaar se harde werk moes nou inskop en die meisies het ware sportmangees sowel as “Uppieguts” gewys. Uppies het mooi en goeie netbal gespeel wat daartoe gelei het dat hulle ‘n spoggerige 1ste plek in die Noord-Kaap behaal het.

Hul uitslae was as volg:

Wen Kalahari 25-8

Wen Diamantveld 22-16

Wen Duineveld 19-9

Gelykop vs Noord-Kaap 20 elk

Die netbalseisoen is nog lank nie verby vir hierdie dogters nie en die harde werk lê nog voor. Wanneer die res van hul skoolmaats lekker rus, gaan die span tydens die Oktober vakansie aan die Nasionale uitspele van 5-7 Oktober in Vanderbijlpark deelneem. Ons wens hulle alle sterkte toe en glo dat hulle die Uppie-naam hoog sal hou tydens die toernooi.

 

NETBAL

Agter van links na regs:

Raylene Muller, Beryl Ndhlovu, Elanie Brand, Berna Kilian, Janice Avenant, Marnel Oberholster

Voor van links na regs:

Nina Slabbert, Di-Marie Visser

 

Netball is Life, everything else is just a game.

Geskep op 25 August 2017 Geskryf deur Web Admin

Die O/17A netbalspan het gedurende die naweek van 3 tot 6 Augustus 2017 aan die S.A. Top Hoërskole Netbal Kampioenskappe in Boksburg by Hoërskool E.G. Jansen deelgeneem. Hier het dié span die geleentheid gehad om teen die room van die 9 provinsies in ons land mee te ding.

 

Ons is trots om te kan sê dat hierdie span algeheel 14de uit 21 skole by SA's en

2 500 skole in die land geëindig het. 

 

Hierdie span het slegs met vier doele teen die Goue medalje wenners in die O/17 afdeling (Potchefstroom Gimnasium) verloor. 

 

Dit was `n besondere toernooi vir hierdie span en hulle sluit hul seisoen so op `n hoë not af.

 

...soos die span se leuse vir die afgelope seisoen lei: If I believe in myself, we will become UNSTOPPABLE. Hierdie span het dit elke dag van die jaar uitgeleef en hard gewerk om hul droom as `n span te verwesenlik.

 

Sterkte met jul netbal loopbane vorentoe en mag elkeen van julle nog hoë hoogtes bereik.

koerantfoto

 

Voor(links naregs): Cleo Minnaar, Ayanda Esau, Anika Husselmann en Jenny Steenkamp

 

Agter(links naregs): Melonice Kordom, Liché Prinsloo, Elsanne Pool (Afrigter), Jo-Nel Neser en Gillian du Plessis

 

 

KFC UPPIES MINI KRIEKETFEES ‘N GROOT SUKSES

Geskep op 24 August 2017 Geskryf deur Web Admin

Hoërskool Upington het hierdie jaar hulle 3de Uppies Mini Krieketfees vir 0/13 seuns op    19 Augustus 2017 aangebied. Op die dag het 8 laerskoolspanne aan die vriendskaplike wedstryde deelgeneem. Op Die Voorpos A-span, Oranje-Noord A-span, Seodine A-span en Kathu A, B en C-span, Hopetown en GW Ontwikkeling. Elke span het 3 wedstryde gespeel tydens die fees. Twee T20 boulbeurt wedstryde wat deur die dag plaasgevind het en een 8 boulbeurt aandwedstryd waarna al die seuns altyd uitsien omdat hulle onder lig krieket in die aand kan speel. Die spelers het die dag en aand baie geniet en gewys waartoe hulle in staat is. Daar is ook pryse oorhandig aan die beste bouler, kolwer en veldwerker onderskeidelik.  

KFC, hoofborg van die dag het ook die kinders weer bederf met heerlike KFC etes en hempies vir die aandwedstryde en `n deelname sertifikaat waarvoor geen laerskool kind nee kan sê nie.

 

Karsten Boerdery het weer die jaar al die afrigters bederf met `n baie mooi baadjie waaroor die afrigters gaande was en nie oor kon ophou praat nie. Wat die gees ekstra lekker gemaak het vir al die afrigters was die mooi krieket wat hulle kon geniet onder hul gazebo.

 

Dit was `n groot sukses en almal het dit gate uit geniet. Die braaivleisvure het hoog gebrand saam met goeie vriendskappe tussen die ouers en afrigters.

 

Uppies het dit baie waardeer om die laerskole hier te kon hê en sodoende te kan help met die groei van krieket hier op ons platteland.

 

Hoërskool Upington bedank vir KFC, Karsten Boerdery en Kgalagadi Signs wat die dag geborg het. Baie dankie vir julle betrokkenheid by Hoërskool Upington en dan spesifiek ook by krieket. Dit word opreg waardeer.

 

UPPIES-MINI-KRIEKETFEES-2

 

UPPIES-MINI-KRIEKETFEES-

Beste Bouler – Hendry Nieuwoudt (Seodin)

Beste Veldwerker – Adriaan Myburgh (Oranje Noord)

Beste Kolwer – Junaid Jood (Hopetown)

Jannetje Slabbert (Karsten Boerdery)

 

Uppie-skuts presteer

Geskep op 23 August 2017 Geskryf deur Web Admin

 

Skuts

Tydens die finale skietkompetisie, gehou op 18 en 19 Augustus te Upington, het Hoërskool Upington se skuts baie goed gevaar.

Elné du Toit kry 2 goue medaljes, Juan Steenkamp kry 1 goud en 1 silwer en Francois du Plessis kry silwer.

In de Veergeweer kry Rian Loots `n goue medalje en in Pistoolskiet kry Quinette van Niekerk `n brons medalje.

Juan Steenkamp, Rian Loots, Elné du Toit, Quinette van Niekerk en Francois du Plessis.

 

Skuts presteer by WP-Posliga

Geskep op 23 August 2017 Geskryf deur Web Admin

Tydens die WP-Posliga kompetisie het die o/21 Sportergeweerspan van Uppies `n goue medalje verower. Die span bestaan uit Elné du Toit, Francois du Plessis, Juan Steenkamp en JP Smith.

By die individuele inskrywings het Hoërskool Upington se skut ook goed gevaar. Elné kry brons en Francois kry goud.

Skuts-3

JP Smith, Juan Steenkamp, Francois du Plessis en Elné du Toit.

 

Page 7 of 23

<< Start < Prev 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Januarie 2018 Volgende Maand
S M T W T F S
week 1 1 2 3 4 5 6
week 2 7 8 9 10 11 12 13
week 3 14 15 16 17 18 19 20
week 4 21 22 23 24 25 26 27
week 5 28 29 30 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter