Tuisblad Nuus

Uppie–skuts in SA Spanne

Geskep op 23 August 2017 Geskryf deur Web Admin

Die volgende Uppie-skuts kry SA spanne en gaan 29 September – 6 Oktober aan die SA-kompetisie te Newcastle in KZN deelneem:

A-Span: o/21 Sportergeweer      Elné du Toit

A-Span: o/16 Sportergeweer      Francois du Plessis

                                                                Juan Steenkamp

                                                                JP Smith

A-Span: o/21 Veergeweer           Rian Loots

B-Span: o/21 Veergeweer           Jano Theron

B-span: o/16 Veergeweer            Tertia van Sittert

Francois du Plessis ontvang ook die beker vir die beste o/16 Sportergeweerskut.

Elné du Toit ontvang die beker vir die beste o/21 Sportergeweerskut.

 

Skuts-2

 

Agter: JP Smith, Francois du Plessis, Rian Loots, Jano Theron en Juan Steenkamp

Voor: Tersia van Sittert en Elné du Toit

 

Uppie-skuts in VSA

Geskep op 23 August 2017 Geskryf deur Web Admin

Drie van Hoërskool Upington se leerders het tydens 12 to 31 Julie in Denver, Colorado gaan deelneem. Die drie leerders: Elné du Toit, Francois du Plessis en Juan Steenkamp het baie goed gevaar.

Elné du Toit kry goud vir dogters.

Francois du Plessis kry goud vir seuns.

Skuts-4

 Juan Steenkamp, Elné du Toit en Francois du Plessis

 

`n Fees van Koor!

Geskep op 23 August 2017 Geskryf deur Web Admin

 

Koorfees

Die 7de Uppies-Koorfees het vanjaar plaasgevind op 21 Augustus 2017. Vanjaar was seker nog die beste en grootste ooit.

 

Die Rooiduin ATKV-tak, o.l.v. Amorine Strydom, het ook `n bydrae gelewer. Hul het vir Deidre le Hanie, die nuwe besturende direkteur van die ATKV, genooi en sy het haar behoorlik aan Upington voorgestel.

 

Die kore wat deelgeneem het aan die glansgeleentheid was:

 

  • Laerskool Oranje-Noord Junior Koor
  • Voorbereidingskool Fanie Malan
  • Laerskool Oranje-Noord Senior Koor
  • Primêre Skool op die Voorpos
  • Siyanda Cantando
  • Hoërskool Duineveld
  • Uppies Camerata

Elke koor het sy beste gelewer en die gehoor was elke keer opnuut verras met die talent van ons kinders.

`n Groot dank moet ook gaan aan die koorleiers en begeleiers. Hul moeite met die kinders maak dat dié tipe talente te voorskyn kom en hul haal die beste uit die kinders uit. Van die flambojante Mnr. Visser wat die gehoor “uittrap” omdat hulle op verkeerde tyd handeklap tot mev. Sunet Louw wat feitlik by al die kore betrokke is.

Aan die einde van die aand, het die Rooiduintak alle ATKV-onderwysers vereer met `n diploma terwyl hul `n heerlike glasie sjerrie in die pragtige Gerhard Beukes Kultuursentrum gedrink het.

Die aand is afgesluit met 'n massakoor waaraan ongeveer 350 leerders deelgeneem het.

 

Die aand is opgedra aan mev. Nanda Basson uit dankbaarheid vir haar bydrae tot musiek en koorsang in Upington.

 

 

Laerskool Oranje-Noord se jaarlikse hokkiedag

Geskep op 22 August 2017 Geskryf deur Web Admin

Tydens Laerskool Oranje-Noord se jaarlikse hokkiedag op Saterdag, 19 Augustus, het van ons Uppie hokkiekinders as skeidsregters opgetree. Hierdie leerders het Uppies se naam hoog gehou deur hul regverdigheid en gedrag. Uppies is werklik trots op hul!

Baie dankie aan Laerskool Oranje-Noord vir die geleentheid om deel te kon wees van hierdie dag!

 Komende Saterdag sal daar weer 'n groep as skeidsregters optree tydens Op die Voorpos se jaarlikse hokkiedag!

 Hokkie

 

Leerder presteer in atletiek

Geskep op 22 August 2017 Geskryf deur Web Admin

Kate Nugent, `n gr. 8 leerder van Hoërskool Upington, het die afgelope naweek tydens `n Landloopbyeenkoms aangebied deur die Departement van Onderwys, `n tweede plek behaal.

Met hierdie prestasie dring Kate nou deur na die Northern Cape Provincial Schools Cross Country Champions, wat sal plaasvind op 9 September 2017.

Baie geluk, Kate, met jou prestasie!

Leerder presteer in atletiek

 

 

Page 8 of 23

<< Start < Prev 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Januarie 2018 Volgende Maand
S M T W T F S
week 1 1 2 3 4 5 6
week 2 7 8 9 10 11 12 13
week 3 14 15 16 17 18 19 20
week 4 21 22 23 24 25 26 27
week 5 28 29 30 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter