Tuisblad Nuus

Uppies by Eskom Expo

Geskep op 07 August 2017 Geskryf deur Web Admin

Hoërskool Upington het 5 projekte ingeskryf vir die Eskom EXPO wat gehou is op Saterdag 5 Augustus 2017.  Kaylin Mouton en Shanique Maasdorp het goud gekry vir hulle gesamentlike navorsing oor die effek van nikotien op die mens.  Andries Engelbrecht het met sy projek: "Arm maar warm" silwer verwerf en Lara-Mari Geldenhuys het brons verwerf met haar navorsing oor organiese bemesting versus chemiese bemesting.  Ruan le Roux en Eric Swanepoel asook Siva Moodley en Angelo Snyders het deelname sertifikate verwerf vir hulle gesamentlike projekte. Dit was hierdie  leerders se eerste EXPO en hulle het baie geleer en sal met groter selfvertroue volgende jaar weer deelneem.

Uppies-by-Eskom-Expo

 

Interjol 2017

Geskep op 04 August 2017 Geskryf deur Web Admin

Die GROOT week het aangebreek – Groot Interjol 2017 is hier!

Die week word gekenmerk deur sport en ook baie “sports”. Alle aktiwiteite van Saterdag vind op Hoërskool Upington se velde plaas. Daar sal baie sitplek wees, maar die toeskouers kan maar `n opvoustoel saambring as u gemaklik op die plek van u keuse wil sit.

Daar is gazebo-spasies te koop by die skool. Indien u belangstel, kan u vir Altus van den Heever skakel by 0829229681. U is verantwoordelik vir u eie gazebo en ook vir die opslaan daarvan. Nadat u u spasie gereserveer het, kan u Vrydag of Saterdagoggend u gazebo kom opslaan op die aangewese plek. U mag slegs u gazebo kom opslaan Vrydag, tussen 16:00 en 18:00 en Saterdag tussen 7:00 en 8:00. Daarna sal u die spasie verbeur en ongeallokeerde spasies sal dan uitgegee word.

Alle voertuie parkeer buite die skool. Beperkte aantal betaalde parkering is by Voorpos / Fanie Malan beskikbaar. Die parkering voor Dicky Jacobs Stadion en Gordonspark is egter beskikbaar. Sekuriteit gaan voorsien word. GEEN voertuie gaan binne die hekke van Hoërskool Upington gehuisves word nie.

Kaartjies vir Interjol is ook vooraf by die skool te koop. R 30 (volwassene), R15 (kind sonder skoolklere) en addisioneel R 20 per voertuig wat by Voorpos / Fanie Malan parkeer binne die heining.

Daar gaan oorgenoeg verkoopspunte wees so u kan heerlik hier kom smul aan warm kos en ook `n ou koeldrankie geniet. Daar is ook `n teetuin met sitplekke waar u kan ontspan.

Na afloop van die wedstryd sal daar die aand `n spitbraai vir alle belangstellendes wees in die klubhuis. Die hekke van die skool sal ongeveer `n uur na die hoofwedstryd oopgemaak word. U moet daarop let dat u nie u voertuig in Voorpos / Fanie Malan se gronde kan los ná afloop van die hoofwedstryd nie. Die hekke word op `n sekere stadium gesluit.

Vooraf program:

Maandag,            7 Aug: Vasvra om 18:00                                            HU Saal

Woensdag,         9 Aug:    Tennis om 11:00                            HU Bane

                                  Skaak om 14:00                              Toerismesentrum

                    Skiet om 15:00                                HU Saal

                   Redenaars om 18:00                    Biblioteek

 

Donderdag word die tradisionele Groot Brag gehou en alle belangstellendes word daarheen uitgenooi.

Vrydagoggend word die reünie-groepe by die skool verwelkom. Daar is `n Herdenkingsdiens vir alle oud-Uppies en oud-Uppie onnies om 9:30 in die saal. HU plaas `n baie hoë prioriteit op almal wat oor die jare deel was / is van ons besondere Skool. Alle onderwysers wat vroeër by Hoërskool Upington betrokke was, word dus genooi om saam met ons dié spesiale diens meet e maak. Elkeen van u is baie kosbaar vir ons en met dié gebaar wil ons aan u bevestig hoe spesiaal u nogsteeds vir HU is. Tee vir die reüniegroepe is om 10:30 in die klubhuis.

Saterdag skop die sport af om 7:45, waarvan die hokkie se eerste seuns 10:45 en eerste meisies 12:00 speel. Die netbal se eerste span speel 11:00 en ons verwag `n lekker stryd tussen dié 2 spanne.

Na die voorskoue en voorstellings 14:25, skop die eerste rugbyspan af teen 15:00. Die spanning kan nou al gevoel word.

Kom geniet die week saam met ons. Hoërskool Upington maak sy deure vir u oop en nooi u uit om herinneringe te kom maak en ook ou herinneringe weer op te roep. Daarom nooi ons ook vir Duineveld uit om die geleentheid saam met ons te geniet en in goeie gees deur te bring.

interjol

 

interjol2

kaart

 

Groot Interjol

Geskep op 03 August 2017 Geskryf deur Web Admin

Groot Interjol is om die draai.  Maak gerus 'n merkie op u kalender vir die week van 7 - 12 Augustus.

Soos dit tradisioneel elke jaar gebeur; word daar op Saterdag, 12 Augustus, sterk meegeding op die rugby- en hokkievelde en die netbalbaan.

Die voorafgaande week is egter propvol interjolaktiwiteite.  Daar is vasvra, redenaars, skaak, tennis en skiet en elkeen van die aktiwiteite is belangrik want elke liewe deelnemer wil eendag sê dat hy/sy Interjol gewen het in hul jaar. Hierdie aktiwiteite sal almal by Hoërskool Upington se velde plaasvind.  Die tye en plekke sal in volgende week se Gemsbok aan u deurgegee word.  Die Donderdagaand is dit ook die tradisionele Groot Brag en alle oud uppies en veral die voornemende  nuwe leerders van 2018 word hartlik uitgenooi na die geleentheid.

Vrydagoggend is die Herdenkingsdiens in die skoolsaaL om 09:30 en elke oud-Uppie en oud-onderwyser word hartlik uitgenooi daarheen.  Die reunie is vanjaar vir die jaargroepe wat op 'n "7" eindig, maar alle Uppies is uitgenooi vir die tee en saalbyeenkoms.

Daar is heelwat gazebo-spasies te koop vir Saterdag.  Indien 'n besigheid of groot groep vriende onder 'n gazebo wil sit, is u welkom om vir Altus v/d Heever te skakel by

082 922 9681 of kontak die skool by 054-3321491.

 

Daar sal genoeg sitple wees maar u kan maar  'n opvoustoel saambring,  Parkering behoort nie 'n kopseer te word nie en 'n gedetailleerde aanwysing van die parkering sal volgend week in die GEMSBOK wees.

 Kom ondersteun u Alma Mater.  Hierdie beloof om, soos elke jaar, 'n groot geleentheid te wees.

GrootInterjol

 

 

UPPIES VEREER “STIGTER” VAN HOKKIE

Geskep op 03 August 2017 Geskryf deur Web Admin

In die sewentigs beland die Du Preez susters (Jo & Salie) wat kranige hokkiespelers was op die lekker dorp, Upington, en vinnig besef hulle dat die dorp geen hokkie het nie. In 1975 begin Jo dus met die hulp van Salie ‘n “hokkieklub” waar alle hokkiespelers saam kon oefen en speel. In 1976 begin die 2 hoërskole, naamlik Upington en Gordonia Handelskool, om vir die dogters hokkie en nie netbal nie, aan te bied. Salie begin om die laerskole af te rig en Jo die hoërskole, en so begin hokkie om as sport sy regmatige plek in die dorp in te neem.

 

Jo se passie vir die sport is egter groot en sy veg hard om haar dorp se kinders in die Griekwaspanne te kry. Iets wat sy met groot sukses regkry. Sy kry dit ook reg om twee provinsiale toernooie na Upington te bring.

 

In Uppieland stap sy baie diep spore. Die nuwe sport het nie borge gehad nie en Jo het braaie gereël om speelklere vir die eerste span te kry. Met die stel klere moes daar dan ten minste 3 seisoene gespeel word. Alhoewel sy vandag nie meer aktief betrokke is by Uppies se skoolhokkie nie, kweek sy haar liefde vir hokkie by die Uppie Juniors. En bly so die “go to” vir menige spelers vir raad en erkenning.

 

Op 29 Julie 2017 vereer Hoërskool Upington haar dus vir haar bydrae tot hokkie nie net in Uppieland nie maar ook in Upington deur hulle nuwe hokkieveld te benoem na hulle geliefde Juffrou Jo Gertenbach.

Jo

 

Platteland skole verower silwer op SA's

Geskep op 03 August 2017 Geskryf deur Web Admin

Na afloop van die platteland proewe is daar tien 0/18 dogters verkies uit Hoërskool Upington, Duineveld, HMO en Daniëlskuil om die Noord-Kaap te verteenwoordig. Hierdie span het bekend gestaan as die Robyne, een van twee spanne wat die Noord-Kaap verteenwoordig het op die onlangse SA toernooi wat in die Junie vakansie in Boksburg plaasgevind het. Hierdie span het besonder goed gevaar en `n silwer medalje gewen op die toernooi. Hoërskool Upington wil graag hiermee vir elke dogter asook hulle afrigter hartlik geluk wens wat deel was van hierdie span. Dit is waarlik `n besonderse prestasie.

 Aan die einde van die toernooi is daar ook n Top 35 vir die 0/18 ouderdomsgroep aangewys en Christin Fox is uit die Robyne span vir hierdie groep gekies.

Span

 

van links agter: Me M. Bezuidenhout, Me M. Taylor (Spanbestuurder), D. Slabbert (Daniëlskuil), E. Visser (Duineveld), A. Everson ( Hoërskool Upington), C. Fox (HMO),                L-M. Groenewald (o/k, Hoërskool Upington), J-A. Kasimbingwe (k, HMO),                                Me C. Esterhuizen (afrigter, Hoërskool Upington)

 

Links voor: K. Vries (Daniëlskuil), N. Olivier (Hoërskool Upington), C. Hanekom (Duineveld),

 

M. Arendse (Daniëlskuil)

Estehuizen-en-Fox

 

Esterhuizen en C. Fox

 

 

 

Page 10 of 23

<< Start < Prev 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Januarie 2018 Volgende Maand
S M T W T F S
week 1 1 2 3 4 5 6
week 2 7 8 9 10 11 12 13
week 3 14 15 16 17 18 19 20
week 4 21 22 23 24 25 26 27
week 5 28 29 30 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter