Tuisblad Nuus

Die pad na die finale

Geskep op 16 November 2017

Oktober en November was vir Hoërskool Upington krieket van die beste tye dié jaar.

Die O/19 span, wat in die week speel, het die seisoen nog nie ‘n wedstryd verloor nie en het vele mylpale behaal, deurdat ons spelers gereeld 50 lopies in ‘n beurt slaan. Bobby Duvenhage het teen AJ Ferreira ‘n uitsonderlike 186 lopies geslaan.

Die volgende spelers het provinsiale spanne behaal wat elk in verskillende stede in die land aan hul onderskeie toernooie gaan deelnaam:

Coca Cola O/19

Nakkie Duvenhage
                Benré Engelbrecht

Griekwas O/17

Bobby Duvenhage
                Dian Kapp

Griekwas O.17 Platteland

Giovanni Lategan

Griekwas O/15

Daylon Beukes

Griekwas O/15 Platteland

Geo Engelbrecht

Griekwas Dogters O/19

Claudia Velskoen
                Daniëlle Tyers


Uppies het ook deurgedring na die Coca Cola T20 finaal wat teen Duineveld vroeg in volgende jaar gaan plaasvind.

Hierdie grondslag op skolevlak het dit moontlik gemaak dat die jong spelers uitsondelik gevaar het in die 50 boulbeurt dorpsliga. Uppies het 4 wedstryde die afgelope maand gespeel in die 2 de rondte van die toenooi. Eerstens het hul teen Carltonians te staan gekom, teen wie Uppies in die eerste rondte die knie moes buig. Vasberade om dié verloor nie te herhaal nie, het Uppies met die oorwinning weggestap.
Die tweede wedstryd was teen Duineveld se dorpspan. Duineveld het eerste gekolf en Uppies het hul uitgehaal vir 100 lopies. Uppies se openingskolwers, AW Duvenhage en Dian Kapp, het behoorlik onder die boulers ingeklim en die lopies baie vinnig afgeslaan sonder die verlies van ‘n paaltjie.

Die derde wedsrtyd was teen Upington dorp. Goeie boulwerk van Uppies het die span tot 155 lopies beperk. Benré Engelbrecht neem 4 paaltjies en staan slegs 31 lopies af in 8 beurte. Lee-Charm van Wyk boul 7 beurte, neem 1 paaltjie en staan slegs 18 lopies af.
Uppies kolf en vat twee vinnige paaltjies. Johannes du Plessis en Dian Kapp kolf bestendig en die lopies begin inrol. Johannes trek los en begin die boulaanval aanvat en slaan ses sesse en ses viere en teken 69 lopies in 32 balle aan. Dian vertolk sy rol as ondersteunende kolwer uitstekend en moker 62 lopies.Uppies wen die wedstryd met 8 paaltjies.

Die laaste wedstryd was teen die Dragons wat onder die vaandel van Kollege deelneem. Uppies wen die loot en stuur die Dragons in om te gaan kolf. Weereens huiwer die boulers nie om alles te gee nie. Benré Engelbrecht neem 4 paaltjies in 10 boulbeurte en staan 52 lopies af. Henco Kotze neem 3 paaltjies en staan slegs 33 lopies af. Die boulwerk stuit die Dragons in hul spore en hul kon net 134 lopies aanteken.
Uppies gaan in om te kolf en met ‘n blad wat glad is, gly die kolwers toe hul omdraai vir ‘n lopie en ‘n uithardloop is op die kaarte. Nogtans sit die nie die kolwers af nie. Giovanni Lategan slaan die bal goed raak en kies watter een hy wil wegsit. Hy teken 41 lopies aan. Johannes du Plessis kolf net so goed en wiks in ‘n kort tydjie 29 lopies. Nadat twee paaltjie baie vinnig na mekaar geval het stap ‘n jong Daylon Beukes wat graad 8 is na die kolfblad en is vasberade om die wedstryd vir sy skool te wen. Houe wat slegs in boeke aanskou kan word, word deur hom nageboots. Sy stukkie uitstekende kolfwerk gee hom 25 lopies asook die wenlopies. Uppies wen die wedstryd met ses paaltjies.

Die wenne tydens die tweede rondte plaas Uppies eerste op die ranglys en ons speel volgende jaar in die finaal teen Carltonians CC.

Dankie aan al die ondersteuners wat ons so getrou ondersteun elke Saterdag. Krieket is ‘n sport wat gekyk moet word en daar word Krieket gespeel so kom maar kyk.

 finale-1

Voor: Daylon Beukes, Brend Mulder, Ferdie Richter, Lemley Mulder

Agter: Jacques Swanepoe (Organiseerder), Benré Engelbrecht, Henco Kotze, Lee-Charm van Wyk, Giovanni Lategan, AW Duvenhage, Dian Kapp, Johannes du Plessis, Bobby Duvenhage

finale-2 

Dian Kapp behaal sy 50 lopies

finale-3

Johannes du Plessis stuur ‘n bal vir ‘n 4

finale-4

Johannes du Plessis kry sy 50

 

Uppie ruiters se seisoen begin

Geskep op 10 November 2017

Drie Uppies het deelgeneem aan die Upington Saalperd Streekskou wat plaas gevind het op 13 en 14 Oktober 2017 in Upington. Hulle is Toanita Strauss, Jessi Wessels en Inge Wessels.

 Die uitslae was as volg:

  1. 1.Toanita Strauss

3 Gang Plesierperd Ruiters 18 jaar en onder - eerste plek

Groot Kampioen 3 Gang Plesierperd - eerste plek

 2.Jessi Wessels

5 Gang Plesierperd Ruiters 18 jaar en Onder - eerste plek

Driegang Kinder Ryperd 14 Jaar en onder - tweede plek

Groot Kampioen 5 Gang Plesierperd - eerste plek

Groot Kampioen 3 Gang Kinderryperd - 3de plek

 

3.Inge Wessels

5 Gang Natuurlike maanhaar en stert - eerste plek

Groot Kampioen 5 Gang Kinderryperd - eerste plek

 Jessi en Toa het ook deelgeneem aan die Ruiterkuns Toetsklasse waarvan die uitslae nog nie beskikbaar is nie. Ons hou duimvas dat beide van hulle in die Noord Kaap Ruiterkuns span opgeneem sal word wat aan die Nasionale Proewe gaan deelneem in Parys vanaf 24/01/2018-27/01/2018

 

Uppies kan voorwaar TROTS wees op hierdie driemanskap wat baie moet opoffer om hulle sport te kan beoefen.

 

Saalperd

Jessie Wessels, Mary-Ann Lovemore (Douglas), Inge Wessels en Toanita Strauss

 

Uppie swemmers werk hard

Geskep op 08 November 2017

Die Noord Kaap Sprint Gala te Upington, 20 en 21 Oktober 2017, was die eerste gala van die seisoen.

 Hier volg hul uitslae :

 Francois du Plessis – 7 Goud en 1 Silwer

Jenny Steenkamp - 6 Goud en 1 Silwer

Lorraine Groenewald – 3 Goud en 2 Silwer

Kate Nugent – 1 Goud, 2 Silwer en 2 Brons

Jessi Wessels – 3 Brons en 1 Silwer

Elizabeth van Niekerk – 2 Silwer en 1 Brons

Carmin Gilbert – 2 Silwer

Juan Steenkamp

 

Na die afloop van die Gala is die volgende swemmers gekies om die Noordkaap-Span te verteenwoordig tydens die NFS INTERPRO te Sasolburg.

 Saterdag, 4 November 2016 :

 Francois du Plessis

Jenny Steenkamp

Lorraine Groenewald

Kate Nugent

Carmin Gilbert

 

Di kompetisie was sterk en die beste swemmers van Vrystaat,Noordwes en Noord Kaap het teen mekaar kragte gemeet.

 Al die swemmers het hul persoonlike tye verbeter en geluk aan Francois wat brons medaljes verwerf het in die 100m vlinder sowel as die 100m vryslag seuns o/16.

 Uppie-swemmers Lorraine Groenewald, Francois du Plessis, Jenny Steenkamp

Carmin Gilbert, Kate Nugent

 

Uppie-swemmers-2

Francois du Plessis

 

 

Uppie leerder lewer puik prestasie

Geskep op 03 November 2017

Jaarliks kan hoërskool leerders inskryf vir 'n Rekeningkunde Olimpiade gedryf deur SAICA. Hoewel dit  hoofsaaklik gemik is op graad 12-leerders, kan graad 11's ook inskryf. As graad 11-leerder van Upington Hoërskool , skryf Jana Breedt dan ook het op 2 Augustus 2017 deelgeneem aan hierdie Olimpiade. Sy tree as wenner uit die stryd. Landswyd was daar 4340 leerders uit 344 skole wat deelgeneem het. Jana behaal 'n uitmuntende 89% , wat aan haar die 1ste plek in die Noord -Kaap besorg. SAICA gaan 'n geleentheid reël om haar sertifikaat, asook 'n kontantprys, te oorhandig. Dis voorwaar 'n besonderse prestasie en Uppies wens haar baie geluk daarmee. 

Uppie leerder lewer puik prestasie

 

UPPIES 0/15 KRIEKET KRAAI KONING

Geskep op 02 November 2017

Uppies vs. Duineveld

31 Oktober 2017

Uppies se 0/15 krieketspan het op Dinsdag, 31 Oktober 2017, teen Hoërskool Duineveld gespeel in ‘n 25 beurt wedstryd. Duineveld het die loot gewen en besluit om Uppies eerste in te stuur om te gaan kolf.‘n Goeie beurt deur Daylon Beukes (63 lopies van 33 balle) het vir Uppies in ‘n goeie posisie geplaas om die wedstryd te wen. Goeie ondersteuning deur Ferdi Richter, 45 lopies, en Geo Engelbrecht, 32 lopies, het verseker dat Uppies ‘n baie goeie totaal van 187 lopies moker in hulle toegelate 25 beurte.

Daarna het Uppies die bal gevat en groot opskudding veroorsaak deur die eerste 5 paaltjies te laat kantel vir slegs 25 lopies, danksy goeie boulwerk van Ferdi Richter wat drie paaltjies gevat het en Brend Mulder wat twee paaltjies laat kantel het. Theuns Theunissen het ook later bygedra met twee paaltjies. Uppies het Duineveld beperk tot 138 lopies in hul toegelate 25 beurte en sodoende het Uppies dan ook die wedstryd gewen met 49 lopies.


Uppies-vs.-Duineveld

 

Agter van links na regs: Brend Mulder, Jaydon Fortuin, Ferdi Richter, Mnr SD Botes, Wilbur Laubscher, Grannon Brand, GT Geldenhuys, Bradley Gous.

Voor links na regs: Geo Engelbrecht, Theuns Theunissen, Miguel Meintjies, Daylon Beukes, Keeanu Babu, Gideon Breedt, Awie van der Westhuizen.

 

Page 1 of 23

<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand November 2017 Volgende Maand
S M T W T F S
week 44 1 2 3 4
week 45 5 6 7 8 9 10 11
week 46 12 13 14 15 16 17 18
week 47 19 20 21 22 23 24 25
week 48 26 27 28 29 30

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter