Tuisblad Nuus

Tennisspeler met talent

Geskep op 11 October 2017

Elanie Brand, ‘n leerling van Hoërskool Upington, het die afgelope vakansie aan die Mpumalanga Grand Prix Junior Tennis Ope 0/16 gaan deelneem.  Sy slaag daarin om die toernooi te wen, waar sy in die semi-finaal asook in die finaal 2 ITF tennisspelers uitgeskakel het.  Sy eindig 1ste in die enkels.  Elanie en haar dubbelmaat eindig 2de in die dubbels.  Wat hierdie toernooi so uitsonderlik maak, is dat die wenner in hierdie ouderdomsgroep 'n reis Amerika toe wen in Julie 2018.  Hierdie reis sluit die volgende in: 2 weke van afrigting teen top junior, asook Pro- spelers by die Wilson Internasionale Kamp in New Orleans, asook deelname aan die UTR toernooi.

Baie geluk aan Elanie met hierdie pragtige prestasie. Uppies is trots op jou!

Tennisspeler-met-talent

 

 

Western Mounted Games

Geskep op 10 October 2017

Tanya Nortjé, `n trotse leerder van Hoërskool Upington, het deelgeneem vir haar provinsie tydens die SAWMGA kampioenskappe. Die kompetisie is gehou vanaf die 30 September tot 2 Oktober 2017 in Parys, Vrystaat. Dié jaar se kompetisie was die grootste Western dissipline kompetisie ooit gehou in Afrika.

Tanya het algeheel `n 2de plek behaal op Level 1 by Sanesa en 43ste plek algeheel waar sy opgeskuif het na Level 2 in die Western Mounted Games Ope afdeling.

Baie geluk Tanya, harde werk pluk die vrugte.

Western-Mounted-Games

 

Uppies Netbal kan speel

Geskep op 09 October 2017

Vanaf 5-7 Oktober het Hoërskool Upington se o/15 A netbalspan aan die Nasionale Kampioenskappe deelgeneem in Vanderbijlpark. Die top 2 spanne uit elke provinsie het meegeding om die top posisie in die land. Dit was 3 dae van baie opwinding en groot uitdagings vir die span.

Uppies bevind hulself in ‘n sterk poel met onder andere Oranje Meisieskool, Affies, Rustenburg en Paarl Girls High. Die span moes hul eerste twee wedstryde op aksie netbalbane speel weens reën. Dit was ‘n groot uitdaging omdat dit hul eerste wedstryd ooit op so ‘n baan was. Om die uitdaging groter te maak kom hul te staan teen Oranje Meisieskool van Bloemfontein. Soos ware Uppies het hulle die uitdaging met groot moed aangepak en as oorwinnaars uit die stryd getree. Die meisies het ware “Uppie guts” gewys en was halftyd gelykop teen Affies met 7 elk. Uppies wen vyf van hul ag poelwedstryde en kwalifiseer dan om uit te speel vir ‘n posisie in die top 8 in die land. Na 3 dae se harde netbal eindig Uppies se o/15 netbalspan algeheel 8ste in die hele Suid-Afrika. Ons is geweldig trots op hierdie mooi prestasie.

Uppies-Netbal-kan-speel

 

 

Uppies Hokkie gaan Toer

Geskep op 22 September 2017

Nederland en België vir die ECHS en TRAVEL AND SPORT Toer gedurende die September vakansie – HOKKIE Natuurlik.

 

Op die Foto verskyn van links na regs:

Agter: Erna Theunissen. Theuns Theunissen, Almari Bruwer, Hedri De Beer, Christine Richter, Inge Wessels en Gabbi Nell

Voor: Simone Lonte, Jessi Wessels en Yulin Steenkamp – JP Louw afwesig.

 

Hierdie Groep seuns en Dogters vertrek op 01/10/2017 vir ‘n Hokkie Toer na Nederland en België. Hulle vorm deel van die ECHS en TRAVEL AND SPORT se toergroep wat elke jaar na verskillende bestemmings Toer!.  Hulle gaan 5 wedstryde speel teen die Nederlandse en Belgiese Klubs, asook twee Afrigtings Klinieke bywoon , waar die top Nederlandse en Belgiese afrigters hulle onder hande sal neem. Hulle besoek onder ander Utrecht, Amsterdam, Rotterdam en Brussels.

Daar word met verwagting uitgesien na die TOER!

 Uppie-hokkie

Sterkte en geniet die toer.

 

Uppie leerder na WOW Spelfees

Geskep op 12 September 2017

'n Graad 8 leerder van Hoërskool Upington, Tiche Nel, Het besonders goed gevaar tydens die pas afgelope WOW Spelfees.

Tiche het 3 kwalifiserende rondtes deurgegaan en het die afgelope naweek haar staal gewys toe sy tydens die Provinsiale rondte die eerste posisie behaal het in die kompetisie.

Tiche gaan nou haar skool en provinsie verteenwoordig by die landswye finaal wat 21 Oktober in Stellenbosch gehou sal word.

Hoërskool Upington is geweldig trots op haar.

Tiche Nel

 

 

Page 5 of 23

<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Januarie 2018 Volgende Maand
S M T W T F S
week 1 1 2 3 4 5 6
week 2 7 8 9 10 11 12 13
week 3 14 15 16 17 18 19 20
week 4 21 22 23 24 25 26 27
week 5 28 29 30 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter