Tuisblad Nuus

Krieket seisoen skop in vollevaart af

Geskep op 06 September 2017

Untitled-1

Die 50 Boulbeurt dorpsliga het die afgelope naweek afgeskop en die spanne het mekaar behoorlik aangevat.

Hoërskool Upington het in die eerste rondte te staan gekom teen die nuutgevonde Upington Dorpspan, waarvan die spelers in die verlede al gedugte teenstanders was.

Upington dorp kolf eerste.Uppies se boulers is nog effens geroes na die lang aflê in die afseisoen en sukkel om die bal behoorlik neer te sit. ‘n Frustrerende eerste paar boulbeurte volg vir die veldwerkspan en Upington dorp kom mooi op dreef.

Toe die boulwerk uitgesorteer raak en die bal ‘n mooi lyn en lengte vind, begin die paaltjies een na die ander kantel. Uppies boul Upington dorp uit vir 81 lopies.

Uppies gaan in om te kolf om die teiken van 82 aan te teken. Net soos Upington dorp is die kolwers ook nog heelwat geroes en ‘n paar vinninge paaltjies kantel. Henco Kotze en Nakkie Duvenhage het hul roes afgeskud en die viere en sesse het begin kom. Nakkie word op 55 uitgehaal en Henco op 18 met net ‘n paar lopies wat kort.

Uppies slaan die wenlopies in die 9de boulbeurt en wen die wedstryd met 6 paaltjies.

‘n Goeie begin vir ‘n strawwe seisoen wat voorlê.

 

Uppie landloper preseer.

Geskep op 05 September 2017

Leerder presteer in atletiek

Kate Nugent, `n gr. 8 leerder van Hoërskool Upington, het die afgelope naweek vir die ZF Mgcawu Distrik Skolespan aan die Noord-Kaap Skole landloopkompetisie deelgeneem en `n baie goeie 3de plek verower. Sy gaan dus nou aan die einde van die maand aan die Nasionale Skole landloopkompetisie deelneem.

Kate is ook gekies om eerskomende Saterdag aan die ASA Senior Landloopkompetisie te Potchefstroom deel te neem.

 

UPPIES KRIEKETFEES GROOT SUKSES

Geskep op 30 August 2017

Hoërskool Upington het hierdie jaar hulle 7de Uppies Krieketfees aangebied vir 0/15 en 0/19 seuns op 25 en 26 Augustus 2016.

Tydens die Uppies krieketfees was daar 14 spanne wat aan die vriendskaplike wedstryde deelgeneem het. Die spanne het op 7 krieketvelde gespeel in die dorp.

 

Elke span het 3 wedstryde gespeel tydens die fees; 25 boulbeurt wedstryde wat deur die dag plaasgevind het en een 8 boulbeurt aandwedstryd waarna al die seuns altyd uitsien omdat om onder lig krieket in die aand te kan speel `n belewenis is; en op die laaste dag n 50 boulbeurt wedstryd. Die spelers het dit baie geniet en gewys waartoe hulle in staat is.

Dit was `n groot sukses en almal het dit gate uit geniet. Die vure het hoog gebrand en saam met dit het goeie vriendskappe tussen die ouers, vriende en afrigters gegroei.

 

Vrydag middag het Uppies onder 15 teen ‘n Griekwas uitnodigingspan van Kimberley te staan gekom in ‘n 25 beurt wedstryd. Uppies het eerste gekolf en ‘n totaal van 122 lopies behaal vir die verlies van 9 paaltjies. Beste kolwers was Brend Mulder met 29 lopies en Miguel Meintjies met 26 lopies. Daarna kolf die Griekwas span en Uppies boul hul uit vir slegs 62 lopies. Beste bouler was Miguel Meintjies met 4 paaltjies vir 20 lopies in 5 beurte. Uppies wen dus die wedstryd met 60 lopies.

Vrydag aand het Uppies teen Duineveld te staan gekom in ‘n 8 beurt wedstryd onder die ligte. Duineveld het eerste gekolf en behaal ‘n totaal van 98 lopies. Daarna gaan kolf Uppies en kry slegs 79 lopies in hul toegelate 8 beurte en verloor dus die wedstryd met 19 lopies.

Saterdag oggend het Uppies vir Diamantveld gepak in ‘n 50 beurt wedstryd. Uppies het eerste gekolf en behaal 115 lopies. Beste kolwer was Daylon Beukes met 24 lopies. Daarna kolf Diamantveld en behaal die teiken wat vir hul gestel is, met 4 paaltjies in hand. Uppies verloor dus dan met 4 paaltjies. Beste boulers was Keeanu Babu met 3 paaltjies en Miguel Meintjies met 2 paaltjies.

UPPIES se 1ste krieketspan het ook die afgelope naweek aan die Uppies krieketfees deelgeneem. Vrydagmiddag het Uppies vir Jim Fouche gepak. Uppies het as oorwinnaars uit die stryd getree deur goeie kolfwerk van Bobby Duvenhage. 

Vrydag aand het Uppies en Duineveld mekaar die stryd aangesê onder ligte. Uppies het eerste gekolf en 99 lopies in hul toegelate 8 beurte angeteken. Duineveld het daarna gaan kolf en kon nie die teiken wat vir hul gestel was behaal nie, alles te danke aan goeie boulwerk deur die Uppie boulers.

Saterdag oggend het Uppies die Griekwas uitnodigingspan aangevat en vroeg oggend met hulle afgereken.

Om op te som, was die `n uiters suksesvolle naweek vir Uppies se eerste krieketspan.

Uppies het dit baie waardeer om die hoërskole hier te kon hê en te kan help met die groei van krieket hier in ons platteland.

Hoërskool Upington bedank Bernard Engelbrecht van URB, Marius Steenkamp van Kalagadi Signs, Ocean Basket en Panarotti`s en alle ondersteuners wat die dag `n reuse sukses gemaak het. Baie dankie vir julle betrokkenheid by Hoërskool Upington en dan spesifiek ook by krieket. Dit word opreg waardeer.

Onder-15

Onder 15

Agter L na R: Grannon Brand, Geo Engelbrecht, Brend Mulder, Mnr. SD Botes, Ferdi Richter, Daylon Beukes, Theuns Theunissen, Miguel Meintjies

Voor L na R: Danielle Tyers, Gideon Breedt, Keeanu Babu, Jaylon Fortuin, Awie van der Westhuizen

 

Onder-19

1st span

Agter Links na Regs: Nakkie Duvenhage, Michael Wessels, Giovanni Lategan, Lee-Charm van Wyk, Mnr. Bernard Engelbrecht (MTN), Hurter Kirsten, Bobby Duvenhage, Lemley Mulder, Dian Kapp, Hein Neser

Voor L na R: JP van Riel, Steven Smith

 

 

Netbal

Geskep op 30 August 2017

Die 0/17 "Fast5" span het op Saterdag 26 Augustus 2017 aan die Noord-Kaap uitspele op Kuruman deelgeneem.

Hierdie formaat word gespeel deur slegs 5 spelers op die baan te hê. Spoed, akkuraatheid van doele en uithouvermoë is slegs van die eienskappe wat so `n speler oor moet beskik.

Weereens het Uppies netbal gewys dat ons op vele terreine kan presteer en kwalifiseer hierdie span vir die SA's wat gedurende die Oktober vakansie plaasvind te Boksburg.

Baie geluk en baie sterkte vir julle toernooi. Ons is baie trots op julle.

 netbal-image

Foto van links: Anri Kotzé, Lorraine Groenewald, Nicolene Nieuwoudt, Dirette Oberholster, Liché Prinsloo, Gillian du Plessis, Melonice Kordom, Cleo Minnaar.

 

Uppies spel speel-speel soos wenners!

Geskep op 29 August 2017

Die afgelope naweek het 7 van Uppies se leerders aan die WOW Spelfees se distrikskompetisie deelgeneem.

Al die leerders het dit verskriklik baie geniet en 'n paar nuwe woorde op die koop toe geleer.  Slegs die eerste 6 in elke graadgroep kon deurgaan om die distrik in die provinsiale kompetisie te gaan verteenwoordig.

Tiche Nel (graad 8) het eerste in die graad 8 groep geëindig en gaan dus deur na die provinsiale rondte. So ook Carol-Joy Bezuidenhout wie ook deurgaan in die graad 9 groep na die volgende rondte.

 Ons is baie trots op die twee van hul en ook niks minder trots op die ander wat ook deelgeneem het nie.  'n Groot dankie aan Jana Nel, Reagan Cupido, Bernelee Bezuidenhout en Ayanda Esau dat jul ons skool met soveel trots gaan verteenwoordig het.

 Speel-Speel Tiche Nel en Carol-Joy Bezuidenhout

 

Page 6 of 23

<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Januarie 2018 Volgende Maand
S M T W T F S
week 1 1 2 3 4 5 6
week 2 7 8 9 10 11 12 13
week 3 14 15 16 17 18 19 20
week 4 21 22 23 24 25 26 27
week 5 28 29 30 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter