Tuisblad Nuus

Uppies kan spel!!

Geskep op 22 August 2017

Die afgelope naweek het 10 van Hoërskool Upington se leerders aan die eerste rondte van die WOW-spelfees deelgeneem. Sewe (7) van hulle is deur na die volgende rondte wat op 26 Augustus plaasvind.

 

Graad 8:

 

Geo Engelbrecht

Tiche Nel ( afwesig op foto)

Reagan Cupido

Jana Nel

 

Graad 9:

 

Bernelee de Waal

Ivanke van Schalkwyk

Carol-Joy Bezuidenhout

 

Graad 10:

 

Ayanda Esau

Demi Pretorius

Marzelle Wheeler

 

Jana Nel en Carol-Joy Bezuidenhout het beide `n brons medalje, vir algehele derde plek, en `n boekprys ontvang.

 

photo-1

Agter: Bernelee de Waal, Ayanda Esau, Geo Engelbrecht, Jana Nel, Carol-Joy Bezuidenhout

Voor: Reagan Cupido

 

photo-2

Agter: Bernelee de Waal, Demi Pretorius, Marzelle Wheeler, Geo Engelbrecht, Jana Nel

Voor: Ivanka van Schalkwyk, Ayanda Esau, Reagan Cupido, Carol-Joy Bezuidenhout

Afwesig: Tiche Nel

 

Interjol op sy beste!

Geskep op 15 August 2017

Hoërskool Upington doen dit weer! Die Interjolbeker is weer in Uppie-land waar hy hoort. Om die beker nóg beter te laat lyk, staan daar nog 6 ander bekers ook!

Ja, Hoërskool Upington het in 2017 seker gemaak dat hul Groot Interjol ordentlik wen deur ook die volgende bekers te wen: Seuns Hokkie, Redenaars, Dogters Hokkie, Vasvra, Tennis, Skiet en natuurlik Rugby.

Saterdag, die dag van Groot Interjol self, was op sigself ook `n baie groot sukses. Die Uppie-tuiste het meer na `n karnaval gelyk as na `n plek waar ernstig sport gespeel gaan word. Die duisende toeskouers het toegang gehad tot pragtige sport en baie goeie sportmangees. Die reüniegroepe het in hul honderde opgedaag om te kyk hoe hul Alma Maters met mekaar meeding. Aan die einde van die dag het sport geseëvier en maak nie saak watter skool jy ondersteun het nie, sport het ook gewen.

Die skole het alles uitgehaal op die paviljoene en die Baadjieswaai van Uppies het weereens groot belangstelling uitgelok.

Volgende jaar sal Interjol weer gespeel word, maar vir nóú sal die wedstryde vir weke in vele geselsies oor-en-oor gespeel word en die lekkerte van wen sal nog hoog bly brand in alle Uppie-harte.

Uitslae:

Skaak                   HU verloor

Vasvra                 HU wen

Redenaars           HU wen

Skiet                    HU wen

Tennis                  HU 15        DV 3

Seunshokkie:          0/18 B HU 0-0    0/18 B DV

                             0/18 A HU 3-0    0/18 A DV

 

Dogtershokkie:   0/14 A HU 1-4    0/14 A DV

                             0/16 B HU 0-1    0/16 B DV

                             0/18 B HU 0-2    0/18 B DV

                             0/14 A HU 1-1    0/14 B DV

                             0/16 A HU 0-4    0/16 A DV

                             0/18 A HU 2-0    0/18 A DV

 

Netbal:                0/14 B HU 6-26  0/14 B DV

                             0/14 A HU 8-22  0/14 A DV

                             0/15 B HU 9-25  0/15 B DV

                             0/15 A HU 35-11         0/15 A DV

                             0/19 C HU 7-21           0/19 C DV

                             0/19 B HU 19-17         0/19 B DV

                             0/19 A HU 21-23         0/19 A DV

Rugby:                 0/14 A HU           19-15         0/14 A DV

                             0/15 A HU                     0-64           0/15 A DV

                             0/16 A HU           0-36           0/16 A DV

                             0/19 B HU           22-22         0/19 B DV

                             0/19 A HU           23-17         0/19 A DV

Interjol-beste

 

Branden George

Jana Victor

Jan Theron

Nakkie Duvenhage

Hurter Kirsten

Hesna Theron

Rozelle van Niekerk

Johan Joubert

Mnr Riaan Kotze ( Skoolhoof )

 

... en so vorder Interjolweek!

Geskep op 11 August 2017

Die week nader ‘n klimaks, maar die aanloop tot Saterdag toon baie belofte vir ‘n baie mooi Oranje naweek.

 

Maandagaand bewys die Vasvraspan dat Uppies nie nét op sport konsentreer nie; deur die vasvrabeker huis toe te bring.

 

Met dié beker in die sakkie is die volgende aanslag Woensdag!  Die tennis klop Velties so oorweldigend met ‘n telling van 15 – 3 dat die ander spanne nie kan help as om hul voorbeeld te volg nie.  Die skuts is in die kol en nog ‘n beker kom Uppieland toe.  Die skaak verloor net-net teen tyd, maar die Redenaars besluit dat hul hul opposisie stil gaan praat.

 

Donderdagoggend kan Hoërskool Upington dus met trots terugkyk op 3 dae van voorspoed.  Tydens die Groot Brag is daar ‘n baie goeie “vibe” en ons kan sien dat die Uppie-gees moeilik geblus gaan word.

 

Vrydagoggend se Herdenkingsdiens en tee vir die reüniegroepe sal o.l.v. Frandcolien net so mooi afloop .

 

Alle eer aan ons Hemelse Vader vir talente en die voorreg om aan sport mag deel te neem.

 

 

Noord-Kaap Uitspele

Geskep op 10 August 2017

Die 1ste-, 0/16- en 0/14- dogters hokkiespanne het die afgelope naweek deelgeneem aan die Noord Kaap Liga Finale te Kimberley.

 

Die uitslae was as volg:

 

1ste Dogters:

Uppies vs Adamantia  - Wen 2-0

(Man van die Wedtsryd - Inge Wessels)

Uppies vs N Kaap - Verloor 3-1

(Man van die Wedtryd - Jana Victor)

Uppies vs Duineveld - Wen 1-0

(Man van die Wedtsryd - Liza Slabbert)

 

Die Span het pragtige hokkie gespeel, maar moes ongelukkig die knie buig teen Hoërskool Noord Kaap en het derhalwe nie in die finaal gespeel nie. Die Uppies slaag egter wel daarin om Hoërskool Duineveld te klop in die uitspeel wedstryd vir 3e en 4e plek.

 

Hoërskool Upington is die Platteland Liga Kampioene en eindig algeheel 3de in die Noord Kaap.

 

0/16 Dogters:

Uppies vs Girls High – Verloor 2-0

Uppies vs Kby CBC – Verloor 3-0

 

Eindig algeheel 6de in die Noord-Kaap

 

0/14 Dogters:

Uppies vs Diamantveld – Verloor 3-0

Uppies vs Duineveld – Verloor 3-0

 

Eindig algeheel 3de in die Noord-Kaap

 

Baie Geluk aan Elkeen van hierdie Dogters. Uppies is trots op elkeen van hul!


 Noord-Kaap-Uitspele

Agter vlnr: Anneri vd Merwe, Teliza Zaayman, Inge Wessels, Christine Richter, Jana Victor, Jane Becker, Monique Dlephu, Erna Theunissen, Erica Wessels.

 

Voor vlnr: Lize van Niekerk, Jolene Goussard, Almari Bruwer, Gabbi Nell, Lisa Slabbert. 

 

Seuns na Kimberley

Geskep op 10 August 2017

Die afgelope naweek het die 1ste en 2de Seuns hokkiespanne na Kimberley gegaan om deel te neem aan die Diamantveld – Aliwal-Noord Sportdag. Die uitslae was as volg:

1ste Seuns:

Uppies vs Diamantveld – Wen 2-0

Uppies vs Aliwal-Noord – Wen 5-0

Soos gewoonlik het hierdie span puik gehalte hokkie gespeel en gemaklik met die twee oorwinnings weggestap. Hierdie span toon die ware toonbeeld van toeweiding en liefde vir die sport. Uppies is geweldig trots op hul en hul afrigter, Mnr. SD Botes.

2de Seuns:

Uppies vs Aliwal- Noord 0/18A – Verloor 2-0

Uppies vs Diamantveld 0/16 – Verloor 2-0

 

Seuns na Kimberle

Ager vlnr: Hein Neser, Mnr. SD Botes, Brendon George, Hendri de Beer, Gerhard janse van Vuuren, Cobus Fourie, Julian Oraine, JP Louw.

Voor vlnr: Morne Dlephu, Wilfred Titus, Theuns Theunissen, Cyrikus Cloete, Joshua Coghlan.

 

Page 9 of 23

<< Start < Prev 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Januarie 2018 Volgende Maand
S M T W T F S
week 1 1 2 3 4 5 6
week 2 7 8 9 10 11 12 13
week 3 14 15 16 17 18 19 20
week 4 21 22 23 24 25 26 27
week 5 28 29 30 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter