Tuisblad Nuus

Uppie leerder lewer puik prestasie

Geskep op 03 November 2017

Jaarliks kan hoërskool leerders inskryf vir 'n Rekeningkunde Olimpiade gedryf deur SAICA. Hoewel dit  hoofsaaklik gemik is op graad 12-leerders, kan graad 11's ook inskryf. As graad 11-leerder van Upington Hoërskool , skryf Jana Breedt dan ook het op 2 Augustus 2017 deelgeneem aan hierdie Olimpiade. Sy tree as wenner uit die stryd. Landswyd was daar 4340 leerders uit 344 skole wat deelgeneem het. Jana behaal 'n uitmuntende 89% , wat aan haar die 1ste plek in die Noord -Kaap besorg. SAICA gaan 'n geleentheid reël om haar sertifikaat, asook 'n kontantprys, te oorhandig. Dis voorwaar 'n besonderse prestasie en Uppies wens haar baie geluk daarmee. 

Uppie leerder lewer puik prestasie

 

UPPIES 0/15 KRIEKET KRAAI KONING

Geskep op 02 November 2017

Uppies vs. Duineveld

31 Oktober 2017

Uppies se 0/15 krieketspan het op Dinsdag, 31 Oktober 2017, teen Hoërskool Duineveld gespeel in ‘n 25 beurt wedstryd. Duineveld het die loot gewen en besluit om Uppies eerste in te stuur om te gaan kolf.‘n Goeie beurt deur Daylon Beukes (63 lopies van 33 balle) het vir Uppies in ‘n goeie posisie geplaas om die wedstryd te wen. Goeie ondersteuning deur Ferdi Richter, 45 lopies, en Geo Engelbrecht, 32 lopies, het verseker dat Uppies ‘n baie goeie totaal van 187 lopies moker in hulle toegelate 25 beurte.

Daarna het Uppies die bal gevat en groot opskudding veroorsaak deur die eerste 5 paaltjies te laat kantel vir slegs 25 lopies, danksy goeie boulwerk van Ferdi Richter wat drie paaltjies gevat het en Brend Mulder wat twee paaltjies laat kantel het. Theuns Theunissen het ook later bygedra met twee paaltjies. Uppies het Duineveld beperk tot 138 lopies in hul toegelate 25 beurte en sodoende het Uppies dan ook die wedstryd gewen met 49 lopies.


Uppies-vs.-Duineveld

 

Agter van links na regs: Brend Mulder, Jaydon Fortuin, Ferdi Richter, Mnr SD Botes, Wilbur Laubscher, Grannon Brand, GT Geldenhuys, Bradley Gous.

Voor links na regs: Geo Engelbrecht, Theuns Theunissen, Miguel Meintjies, Daylon Beukes, Keeanu Babu, Gideon Breedt, Awie van der Westhuizen.

 

Xtreme 2017

Geskep op 01 November 2017

Op 28 Oktober 2017 neem 4 Uppie-spanne deel aan hierdie sportgeleentheid in die” Lite” kategorie vir skole. Die spanne bestaan uit 3 atlete waarvan die 1ste atleet 250m in die rivier swem, dan oorgee aan die fietsryer wat 15km bergfiets ry en dan oorgee aan die drawwer vir die 5km wat op grondpad gedraf word.

 Die spanne was as volg:  

Span 1   Not fast, just furious

            Swem: Jenny Steenkamp         

            Fietsry: Francois du Plessis   

            Draf: Kate Nugent        Tyd 1 : 02 : 46

Span 2   Team Nitro

            Swem: Teliza Zaayman             

            Fietsry: Daniel Rossouw         

            Draf: Morné Dlephu       Tyd 1 : 12 : 41

Span 3   Uppies Ysters

            Swem: Benré Engelbrecht         

            Fietsry: Henru Kotze             

            Draf: Nicolene Loots   Tyd 1 : 16 : 53

Span 4  Uppies Incredibles

            Swem: Elizabeth van Niekerk   

            Fietsry: Johané Botha             

            Draf: Geo Engelbrecht   Tyd 1 : 24 : 43

  Span 1 met Jenny, Francois en Kate wen dan ook die skole kategorie. 

 Atlete kon ook individueel inskryf. Dan moes die atleet al drie dissiplines op sy eie voltooi.  Marco van der Merwe het in hierdie kategorie deelgeneem. Hy voltooi dit in 1:19:00.

 Dit was, soos altyd, 'n baie suksesvolle dag en al die deelnemers het dit geniet. Die atmosfeer en sportmangees wat geheers het vóór, tydens en ná die tyd, was iets om te aanskou. Ons is baie trots om Uppies deel van hierdie dag te kon maak en ons sê dankie aan elke atleet en al die ouers en ondersteuners wat ons kinders vooraf behulpsaam was, hulle op die dag gesteun het en die dag met ons gedeel het. Dankie vir insette en bydraes op watter gebied ookal.

 Langs hierdie weg wil ons ook graag vir Pick 'n Pay bedank as borg van twee van die Uppie spanne. Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning en bydrae om dit vir die kinders lekker te maak en spangees te bou.

 Xtreme-2017

Jenny Steenkamp, Francois du Plessis, Kate Nugent en Mev. Maritz

 

Uppies 0/15 vs Carlton van Heerden 0/15 – 24 Oktober 2017

Geskep op 25 October 2017

Dinsdag, 24 Oktober, het Uppies se 0/15 krieketspan vir Hoërskool Carlton van Heerden aangevat in ‘n 25 beurt wedstryd op Uppies se velde. Uppies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Uppies het vroeg ‘n paaltjie verloor en die druk was hoog. ‘n Goeie beurt van 45 lopies deur Daylon Beukes het Uppies span weer moed gegee. Die Uppie kolwers maak elkeen ‘n bydrae en die span kry ‘n totaal van 172 lopies vir die verlies van 10 paaltjies.

Daarna stuur Uppies vir Carlton van Heerden in om te kolf. Die boulaanval begin verwoed en na die die 6de beurt het Uppies alreeds 5 paaltjies geneem en slegs 10 lopies afgestaan. Twee van Carlton van Heerden se kolwers steek vas en sit ‘n paar lopies op die telbord. Die Uppie seuns lewer uitstekende veldwerk en beperk Carlton van Heerden tot 71 lopies; almal uit. Uitblinkers met die bal was Daylon Beukes met 4 paaltjies en Ferdi Richter met 3 paaltjies.

Uppies wen dus die wedstryd met 101 lopies. Welgedaan seuns.

 Onder-15

Agter links na regs - Miguel Meintjies, GT Geldenhuys, Brend Mulder, Ferdi Richter, Mnr SD Botes, Jaydon Fortuin, Awie van der Westhuizen, John-Marc Solomon.

Voor links na regs - Geo Engelbrecht, Gideon Breedt, Daylon Beukes, Keeanu Babu.

 

Atlete presteer vroeg

Geskep op 24 October 2017

Hoërskool Upington se atlete het die vroeë atletiekseisoen op `n baie hoë noot begin.

Tydens die naweek van 9 Oktober, neem 9 redelik onfikse atlete deel aan die Cradock Top 10 byeenkoms. Die kompetisie was bitter sterk, maar die ou spannetjie kwyt hul goed van hul taak en eindig 19de uit 83 spanne wat ingeskryf het.

JJ Snyders verower `n silwer medalje, Nicolene Loots 2 Brons en Kate Nugent `n Silwer.

Die afgelope naweek het 4 van hulle waar deelgeneem aan Jim Fouché se byeenkoms. Hulle het elkeen pragtig presteer en hul persoonlike beste tye verbeter. Gerhard Janse van Vuuren het sy tyd in die 800m met 7 sekondes verbeter vanaf Cradock se byeenkoms.

JJ Snyders hardloop weereens pragtig en kry `n goue en silwer medalje. Nicolene kry `n brons by die 400mH, maar eindig `n naelbreedte agter altwee verlede jaar se SA medaljehouers.

Al die atlete is vuur en vlam en `n opwindende atletiekprogram lê voor in 2018.

Atlete-presteer-vroeg Jim Fouché Byeenkoms -Foto

JJ Snyders, Nicolene Loots, Nel Hanekom en Gerhard Janse van Vuuren

 

Page 2 of 23

<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>


Ons Geskiedenis

ons geskiedenis

Visit Schools that Rock

str

Uppies Kalender

Vorige Maand Januarie 2018 Volgende Maand
S M T W T F S
week 1 1 2 3 4 5 6
week 2 7 8 9 10 11 12 13
week 3 14 15 16 17 18 19 20
week 4 21 22 23 24 25 26 27
week 5 28 29 30 31

Like us on Facebook

Kontak Besonderhede

Tel: +27 (0) 54 332 1491
Faks: +27 (0)54 331 1456
E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Web: www.uppies.co.za
Bus 43 Upington 8800
H/v Park- en Le Rouxstraat

Flag Counter